Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stellasie
stellasie [boodskap #143435] So, 08 Oktober 2023 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stellasie.
'n Stellasie.
stellasie
Afbreking: stel•la•sie
Samestelling: stel + -asie


Selfstandige naamwoord: stellasie
Meervoud: stellasies
Verkleinwoord: stellasietjie
Meervoud van verkleining: stellasietjies

Betekenis:
• Steier teen 'n muur vir werkers om op te staan.
• Staander waarop pluimvee slaap, vrugte gedroog word, ens.

Gebruik:
• Die verwers rig 'n stellasie teen die hoë gebou op.
• Binne die hok is daar 'n stellasie waarop die hoendertjies kan slaap.

Spreekwoord:
• Hy klim vroeg op die stellasie. [Hy gaan slaap vroeg.]

Sinoniem:
• platform
• raamwerk
• steier
• steierwerk

Hiponiem:
• boustellasie
• kraanstellasie
• steierstellasie
• vrugtestellasie

Vertaling:
Engels: scaffolding, stillage, stand
Nederlands: stellage

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: broodpan
Volgende onderwerp: verwer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:17:36 MGT 2024