Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd
Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14341] Di, 05 Mei 1998 00:00
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ag nou ja...

Wat sal ek sê...

As iemand wat gewoonlik aan die kante van die nuusgroep rondhang, maar nog
steeds dageliks lees wat hier aangaan ( vandat die nuusgroep begin is), sal
julle dalk voel dat ek so 'n bietjie uit my beurt praat oor aangeleenthede
waarvan ek hoegenaamd geen benul kan hê nie. Ek wil tog 'n beskeie bydrae
lewer en vir julle ou tweetjies vra om maar julle moddergooiery iewers anders
heen te neem. Ek besef dat dit seker baie opwindend is om so aan te gaan,
maar julle kan seker insien dat dit die res van ons moontlik kan frustreer en
dalk selfs irriteer om jul ou wasgoed so uitgehang te sien.

Gloudina en Leendert namens... myself... en miskien een of twee ander hier,
raak so 'n bietjie rustig... drink 'n ou muskadeltjie (of wat julle ookal
drink wat julle rustig maak)... neurie die Stem of Nkosi of iets wat jul
patriotiese spiere dalk mag prikkel.

As julle self na dit nog steeds nie oor hierdie impuls kan kom om mekaar in
te vlieg nie, stuur vir mekaar dan nou maar 'n ou e-mailtjie ek doen dit dan
nou maar so. As dit nog steeds nie help nie... ek is seker dat julle dalk 'n
goeie kopdokter kan kry in jul onderskeie habitats (of wat ook al die plekk
nou wil wees waar jul werksaam is)wat jul sal kan help met kompulsiewe gedrag.

Groete uit die Boland (vir nou)

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Vorige onderwerp: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd
Volgende onderwerp: Re: Positiewe Houding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 07:08:50 MGT 2024