Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deurmat
deurmat [boodskap #143408] Sa, 07 Oktober 2023 08:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Deurmat.
'n Deurmat.
deurmat
Afbreking: deur•mat
Samestelling: deur + mat


Selfstandige naamwoord: deurmat
Meervoud: deurmatte
Verkleinwoord: deurmatjie
Meervoud van verkleining: deurmatjies

Betekenis:
• 'n Mat voor 'n deur waaraan die voete afgevee word.
• (figuurlik) 'n Jabroer, persoon sonder beginsels wat maklik oorreed kan word.

Gebruik:
• Die seun smeer sy modderige skoene aan die mooi deurmatjie af, en loop in die huis in.
• As jy 'n deurmat is, verdien om op getrap te word.

Spreekwoord:
• Iemand op die deurmat laat staan. [Iemand nie innooi nie.]

Vertaling:
Engels: doormat
Nederlands: deurmat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vasklou
Volgende onderwerp: stuiwer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:34:18 MGT 2024