Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agterstallig
agterstallig [boodskap #143388] Vr, 06 Oktober 2023 06:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agterstallig
Afbreking: ag•ter•stal•lig


Byvoeglike naamwoord: agterstallig
Attributief: agterstallige

Betekenis:
• Wat nog nie betaal is nie.
• Wat nog nie gedoen is nie.

Gebruik:
• Jou maandelikse huur is agterstallig.
• Wanneer gaan jy jou agterstallige werk inhaal?

Sinoniem:
• agterweë
• betaalbaar
• opeisbaar
• onafgehandel
• onbetaald
• ongedaan
• onuitgevoer
• onvoltooid
• uitstaande
• verskuldig

Vertaling:
Engels: in arrear, overdue, behind, outstanding
Nederlands: achterstallig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: persverklaring
Volgende onderwerp: terugdateer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:56:44 MGT 2024