Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » invoer
invoer [boodskap #143375] Wo, 04 Oktober 2023 20:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
invoer
Afbreking: in•voer
Samestelling: in + voer


Werkwoord: voer in, invoer
Verlede tyd: het ingevoer

Betekenis:
• Om buitelandse goedere en dienste aan te koop en na jou eie land te bring.
• Om iets nuuts in te bring.
• Om iets in iets anders in te bring.

Gebruik:
• Hy voer motors van Duitsland af in.
• 'n Nuwe rekenaarstelsel word ingevoer.
• Die dokter het 'n buis in die pasiënt se maag ingevoer.

Sinoniem:
• binnebring
• inbring
• importeer

Antoniem:
• uitvoer

Vertaling:
Engels: to import (goods); to introduce; to insert
Nederlands: invoeren


Selfstandige naamwoord: invoer
Meervoud: invoere

Betekenis:
• Die handeling om van die buiteland te koop, of dit wat van die buiteland gekoop is.
• Die handeling van inbring, of dit wat ingebring is.

Gebruik:
• Die invoer van elektroniese ware word sterk belas.
• Die program verwerk die invoere en druk die afvoere uit.

Hiponiem:
• data-invoer
• goudinvoer

Afgelei:
• invoerartikel
• invoerbeheer
• invoerbelasting
• invoerbuis
• invoerder
• invoerdraad
• invoerhandel
• invoerhawe
• invoering
• invoerinligting
• invoerkontrole
• invoermodule
• invoerpermit
• invoerprobleem
• invoerproduk
• invoerprogram
• invoerprys
• invoerpyp
• invoerreg
• invoerring
• invoersin
• invoertarief
• invoerverbod
• invoervergunning
• invoervorm
• invoerwaarde
• invoerware

Vertaling:
Engels: import, input
Nederlands: invoer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitgroei
Volgende onderwerp: openbaring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:54:00 MGT 2024