Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontrou
ontrou [boodskap #143369] Wo, 04 Oktober 2023 15:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontrou
Afbreking: on•trou
Samestelling: on- + trou


Byvoeglike naamwoord: ontrou
Vergrotende trap: ontrouer
Oortreffende trap: ontrouste
Attributief: ontroue

Betekenis:
• Wat nie getrou is nie; 'n gebrek aan lojaliteit toon.

Gebruik:
• Kan jy jou ontroue lewensmaat weer vertrou?

Sinoniem:
• afvallig
• dislojaal
• onbetroubaar
• troueloos
• verraderlik

Antoniem:
• trou

Afgelei:
• ampsontrou
• ontroues
• ontrouheid

Vertaling:
Engels: unfaithful, disloyal
Nederlands: ontrouw


Selfstandige naamwoord: ontrou
Meervoud:

Betekenis:
• Die skending van trou. Gedrag wat nie lojaal is nie.

Gebruik:
• Die man se ontrou het hom duur te staan gekom.

Vertaling:
Engels: disloyalty, infidelity
Nederlands: ontrouw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: medestryder
Volgende onderwerp: winkelrak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:26:44 MGT 2024