Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorkom
oorkom [boodskap #143366] Di, 03 Oktober 2023 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorkom
Afbreking: oor•kom
Samestelling: oor + kom


Werkwoord: kom oor, oorkom
Verlede tyd: het oorgekom

Betekenis:
• Om iemand te besoek.
• Om te gebeur.
• Om verstaan/begryp te word.

Gebruik:
• My ouers kom môre oor vir ete.
• Jy sal nie glo wat my oorgekom het nie!
• Die boodskap het nie goed oorgekom nie.

Vertaling:
Engels: to come over; to happen; to come across
Nederlands: overkomen


Werkwoord: oorkom
Verlede tyd: het oorkom

Betekenis:
• Om iets te bowe te kom; te oorwin.

Gebruik:
• Geen probleem is so groot dat dit nie oorkom kan word nie.

Sinoniem:
• oorrompel
• oorwin
• seëvier
• triomfeer
• trotseer
• verower

Afgelei:
• oorkombaar
• oorkomelik

Vertaling:
Engels: to surmount
Nederlands: overkomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onoorkombaar
Volgende onderwerp: medewerker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:28:39 MGT 2024