Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorsteek
oorsteek [boodskap #143362] Di, 03 Oktober 2023 10:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorsteek
Afbreking: oor•steek
Samestelling: oor + steek


Werkwoord: steek oor, oorsteek
Verlede tyd: het oorgesteek

Betekenis:
• Om van die een kant na die ander kant te gaan (van 'n straat, spoorlyn, rivier, ens.)

Gebruik:
• Kyk regs, links en weer regs voordat jy die pad oorsteek.

Sinoniem:
• kruis
• oorgaan
• oorloop
• oorstap

Afgelei:
• oorsteekplek
• oorsteekwyse

Vertaling:
Engels: to cross over, traverse
Nederlands: oversteken


Selfstandige naamwoord: oorsteek
Meervoud: oorsteke

Betekenis:
• Die handeling van oorsteek.
• Dit wat verbysteek, soos die oorhang van 'n dak.

Gebruik:
• Pik Botha het 'n verklaring oor die oorsteek van die Rubicon uitgereik.
• Die oorsteek keer die ergste son af.

Vertaling:
Engels: crossing
Nederlands: oversteek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verkondig
Volgende onderwerp: feodaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:31:46 MGT 2024