Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14334] Di, 05 Mei 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen heeft geschreven in bericht ...

Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote in message
...
>Ag nou ja ... Wat sal ek sê...Ek wil tog 'n beskeie bydrae lewer en vir
julle ou tweetjies vra om maar julle moddergooiery iewers anders heen te
neem.
>-Gideon

Ek sekondeer. Hier is my beskeie bydrae. (Gaan die NG nie oor Afrikaans
nie?)
Riglyne: MOETS: Plaas 'n berig slegs een keer. As dit gepas is, stuur
liewer e-pos. Maak dubbel seker van die relevante nuusgroep. MOENIES:
Moenie adverteer nie.
Kan julle jul sakies nie privaat afhandel nie ? Maar dan sal die argumente
gou opdroog, of hoe. (Nee, dit raak nie almal nie)
Kobus

Ek is jammer as jy die bydraes iriterend vind. Die gebruiklike manier om sulke bydraes te hanteer is om dit eenvoudig nie te lees nie - mens gebruik die "delete" -sleutel. Die meeste nuusleessagteware laat jou selfs toe om adresse soos myne in 'n "kill file" te sit. Dan hoef jy dit nie eens te sien nie.

Maar terwyl jy netiketvoorskrifte behandel. Mense wat beter weet as ek beweer dit is gebruiklik om vir geruime tyd 'n nuusgroep te lees voordat jy die deelnemers begin kritiseer. Dit lyk asof "geruime tyd" iets soos ses maande behoort te wees.

Nou moet ek erken dat dit 'n aanbeveling is wat ek nog nooit gevolg het nie.

Iets waarteen ek wel in die verlede sterk beswaar gemaak het is pogings om ander deelnemers te sensureer. Ek doen dit nou ook ten opsigte van myself

Vriendelike groete, Leendert
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14335 is 'n antwoord op boodskap #14334] Di, 05 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
j.b.  is tans af-lyn  j.b.
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek wil tog 'n beskeie bydrae
> lewer en vir julle ou tweetjies vra om maar julle moddergooiery iewers anders
> heen te neem. Ek besef dat dit seker baie opwindend is om so aan te gaan,
> maar julle kan seker insien dat dit die res van ons moontlik kan frustreer en
> dalk selfs irriteer om jul ou wasgoed so uitgehang te sien.
>
\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\ \\\\\\\\\\\\\\\\

\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\ \\\\\\\\\\\\\\\

Ek stem nie saam nie.

Baie van Gloudina se goed is "tongue in cheek", en sy het n lekker humorsin
(Kappiekommando ens.) en sy sit immers mooi gediggies op die net. Bly net
daar Gloudina, die wat jou nie wil veel nie kan jou op die "gaan direk na
delete file"sit.

En Leenderd skryf n vreeslike mooi Afrikaans, en doen sy huiswerk m.b.t.
die weergee van feite, en het ewe reg om sy saak te stel. M.i. moet almal
ewe kans kry om hulle se te se!

Groetnisse

J

> waarvan ek hoegenaamd geen benul kan hê nie. Ek wil tog 'n beskeie bydrae
> lewer en vir julle ou tweetjies vra om maar julle moddergooiery iewers anders
> heen te neem. Ek besef dat dit seker baie opwindend is om so aan te gaan,
> maar julle kan seker insien dat dit die res van ons moontlik kan frustreer en
> dalk selfs irriteer om jul ou wasgoed so uitgehang te sien.
>
> Gloudina en Leendert namens... myself... en miskien een of twee ander hier,
> raak so 'n bietjie rustig... drink 'n ou muskadeltjie (of wat julle ookal
> drink wat julle rustig maak)... neurie die Stem of Nkosi of iets wat jul
> patriotiese spiere dalk mag prikkel.
>
> As julle self na dit nog steeds nie oor hierdie impuls kan kom om mekaar in
> te vlieg nie, stuur vir mekaar dan nou maar 'n ou e-mailtjie ek doen dit dan
> nou maar so. As dit nog steeds nie help nie... ek is seker dat julle dalk 'n
> goeie kopdokter kan kry in jul onderskeie habitats (of wat ook al die plekk
> nou wil wees waar jul werksaam is)wat jul sal kan help met kompulsiewe gedrag.
>
>
> Groete uit doe Boland (vir nou)
>
>
>
>
> -Gideon-
>
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
>
Vorige onderwerp: Vir Johan Potgieter: Leendert oor die NSA
Volgende onderwerp: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 17:38:37 MGT 2024