Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agterste
agterste [boodskap #143343] Ma, 02 Oktober 2023 10:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agterste
Afbreking: ag•ter•ste
Samestelling: agter (bw.) + -ste


Byvoeglike naamwoord: agter
Partitief: agterste

Betekenis:
• Wat heel agter is; die verste agteraan.

Gebruik:
• Die stout kinders sit altyd die agterste ry in die klas.

Sinoniem:
• laaste

Antoniem:
• voorste

Vertaling:
Engels: last, hind, hindmost
Nederlands: achterste


Selfstandige naamwoord: agterste
Meervoud: agterstes

Betekenis:
• Die een wat agter is.
• Die boude of sitvlak.

Gebruik:
• Kan die agterstes asseblief voor kom sit?
• Jou pa gaan jou agterste warm klits.

Sinoniem:
• agterhoede
• agterstel
• agterstewe
• boude
• posterior
• sitvlak

Afgelei:
• regteragterste

Vertaling:
Engels: backside, backpart
Nederlands: achterste

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kapituleer
Volgende onderwerp: sierlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:25:16 MGT 2024