Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Live and work in SA, OPINION asked ?!?
Re: Live and work in SA, OPINION asked ?!? [boodskap #14333] Di, 05 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article #1/1,
"Kris Van Impe" wrote:
>
>
> I have an incredible urge to leave Belgium, Europe and step into another
> world. South Afrika is the country that attracts me the most. Could you
> out there give me your opinion on crime, employment and in general, policy
> of the country on people like me who want to settle in your country. I would
> be very pleased to get your opinion.
>
>
Daar is 'n paar sake wat jy moet deurdink voordat jy hiernatoe kom.

Die emmigrasie-proses (soos Sakkie opgesom het) kan 'n probleem wees aan die
een kant. Aan die ander kant is daar vele Suid-Afrikaanse
Personeelagentskappe op die net wat jou moontlik sal kan help met daardie
proses. Gelukkig vir jou, beskou die Suid-Afrikaanse Werkgewermark enigiemand
wat vanuit Europa of die VSA of Kanada kom as uiters gesog, en mag hul dalk
selfs 'n pos kry wat andersins nie beskikbaar sal wees vir 'n wit Suid
Afrikaner nie. Dit hang natuurlik ook af van jou loopbaan tot dusver. As jy
in Informatika is, het jy 'n goeie kans om wel 'n pos te kry deur een van die
agentskappe aanlyn.

Die misdaadsituasie is een van die sake wat die meeste pla. Dit is
onaanvaarbaar hoog. Die teiken is nie net geld nie, maar daar is heelwat
sinnelose moorde wat plaasvind op mense. Mense breek in in iemand se huis,
steel niks nie, maar vermoor al die inwoners. Geen motief anders as moord
nie.
Mense word geskaak in hul motor, hulle word iewers heen geneem met hul motor,
die vrou word eers verkrag en dan vermoor, die man word gemartel en dan
vermoor. Die motor word uitgebrand. Niks gesteel nie. Sinneloos.
En dit gebeur nie net een keer 'n jaar nie. Dit gebeur relatief gereeld.
Gewapende rooftogte gebeur op 'n feitlik daaglikse basis. Groepe mense
gewapen met AK 47s of ander outomatiese wapens slaan toe op banke,
sekuriteitsvoertuie en ander teikens met militêre presisie, skiet 'n paar
mense dood en steel 'n paar duisend rand (die meeste nog was omtrent R14
miljoen)
Dit is so 'n smakie van wat aangaan - dit is die harde feite. Ons het van die
hoogste syfers in die wêreld wat geweldsmisdade aanbetref. En hier is in
teorie nie eers 'n oorlog aan die gang nie.

Die Ekonomie is nie geweldig gesond nie. Ons sit met 'n werkloosheidsyfer van
ongeveer 40% en hoër in party areas. Die groeikoers is laag en inflasie is
hoog. As jy 'n motor wil koop op 'n afbetalingsooreenkoms sal jy tien-teen-
een meer as 20% rente betaal. Huise is relatief goedkoop, maar jy gaan
ongeveer 18% rente betaal wat jou paaiement geweldig negatief beinvloed.
"Affirmative Action" word ook nou toegepas deur alle groot maatskappye en
wetgewing is in die parlement om dit wet te maak. Die Rand (SA se
geldeenheid) het geweldig geval teenoor ander Westerse geldeenhede. Twee jaar
gelede het 'n mens omtrent R 3.60 betaal vir 'n VS Dollar, nou is dit omtrent
R 5.05.

Mediese dienste is swak en goedkoop of duur en redelik. Indien jy na 'n
provinsiale hospitaal gaan, kan jy vir ewig wag en dan bedien oorwerkte,
uitgeputte, onderbetaalde mediese beamptes jou. Indien jy na 'n
privaathospitaal gaan, gaan die dienste jou weer duur kos. Jy kan wel mediese
fonds kry, maar dit is ook uitermate duur en die kostes styg teen 'n hoër
tempo as inflasie.

Onderwys is ook 'n ander probleem. Die ratio van leerlinge tot onderwysers os
so 50:1. Ironies genoeg, is baie onderwysers nou ook werkloos omdat hul
afbetaal word omdat daar nie genoeg geld is om hul te betaal nie.

Die regering is ook relatief totalitêr. Besluite en wetgewing word deur
perlement geboender sonder om hul kiesers op grondvlak te raadpleeg en
opposisiepartye word eenvoudig geignoreer. Korrupsie vier hoogty en kos die
land biljoene. Alles wat verkeerd gaan word blameer op "the legacy of
Apartheid" of op rassisme. Die tipe dinge veroorsaak dat die mense verval in
politiese apatie.

Dan is daar natuurlik die wat hulle oë toeknyp en 'n mantra kreun:"Ons het
nie 'n probleem nie, ons het nie 'n probleem nie....".

Dit was die swak kant.

Aan die positiewe kant. Ons weer is fantasties en ons het baie sonskyn met
matige winters. Die natuur is pragtig en daar die natuurparke en wildtuine is
baie goed. Suid-Afrika is 'n sport-mal land en jy kan amper enige sportsoort
sien of aan deelneem.

Die mense is oor die algemeen gasvry en gemoedelik. Veral as jy hou in areas
wat veilig is en uit die sentrale stadsgebiede en townships uitbly.

Dan is daar natuurlik Clifton se strand, Tuna en Marlyn vang vanaf Kaapstad,
Die Kaapse Klopse, kreef my Muisbosskerm die Kaapse Berge.

In Gauteng is daar... ek kan aan niks dink nie... o ja, die naglewe is...
interessant.

Jy kan ook 'n huis huur of koop wat 'n stuk grond het wat so groot is dat as
jy poep, jou buurman jou nie kan hoor nie (oeps... laat ek maar liewer my
taalgebruik dophou - nou-nou word ek deur die bewakers van die nuusgroep se
sedes en taalgebruik as "kru" bestempel).

Ek sal nog so 'n bietjie dink aan wat positief is en dan dit bylas later.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Live and work in SA, OPINION asked [boodskap #14505 is 'n antwoord op boodskap #14333] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jennifer Lynne  is tans af-lyn  Jennifer Lynne
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
> Gideon en die res,



My Afrikaans is not so good anymore but I will try...

Ek is geskok oor wat jy geskryf het. Dis ongelooflik! Het die toestande daar
werklik so vinnig afwaarts gegaan? Ek het 17 jaar lank in die Johannesburg area
gebly, in Bryanston in die voorstad Sandton en het in 1993 ge-emigreer. Hoe is dit
nou daar?

> In Gauteng is daar... ek kan aan niks dink nie... o ja, die naglewe is...
> interessant.

Gauteng? Wat se goed is dit nou? (Ek is jammer maar ons kry nie baie nuus van Suid
Afrika waar ek nou bly.)

> Jy kan ook 'n huis huur of koop wat 'n stuk grond het wat so groot is dat as
> jy poep, jou buurman jou nie kan hoor nie (oeps... laat ek maar liewer my
> taalgebruik dophou - nou-nou word ek deur die bewakers van die nuusgroep se
> sedes en taalgebruik as "kru" bestempel).

Dis lekker om weer een bietjie van Die Taal te hoor! Ek het ook altyd baie ven
die uitlatinge van "Evita Bezuidenhout" geniet. Is Pieter Dirk Uys nog altyd
aktief?

> Ek is werklik jammer dat die mooi Sefrika nou in so 'n bedonnerde janboel het
> verander. Is daar iemand wat my wil email hoe dit so kom? Ek weet dat party
> mense nie baie tyd het om 'n bietjie te kommuniseer nie, maar hier in Kalifornie
> hoor jy regtig niks van ander lande en nog minder van Zuid Afrika behalwe wanner
> dit Muti moorde betref, dan het jy 'n heel halve bladsy agter in die koerant.
> Gewoonlik na 'n belaglike groot aantal ads.. (alle wereld....hoe se 'n mens
> "advertisements" in Afrikaans?) En nog praat hulle hul kake blou oor die
> genocide in Rwanda in 1994. Die Amerikaanse puppet...Ekskies...President het 'n
> toer gemaak in Afrika en homself belaglik gemaak en gese dat Amerika jammer is
> dat die toestande so uit die hand geloop het. Ja, regtig. Kakpratery is sy goei
> kant, jy weet...

Oeps...ek babble te veel. Jammer oor my Afrikaans, ek weet dis nie te fantasties
nie, maar ek gaan maar aan. Ook soory dat my stukkie 'n bietjie Off Topic is.. :(
Voor ek afskeid neem wil ek julle nog iets gee om een bietjie te lag. Daar is n
website iewers in Amerika wat kontak hou met die Vaderland. Hulle het wat hul die
CYBERBRAAI noem.
Dis wragtig snaaks om te sien hoe baie Afrikaanse uitsprake en gesegdes die wereld
rond reis. Toe maar, gaan maak 'n draai by http://mainstreet.t5.com/index~1.htm
en volg doe cyberbraai links.

Liefs julle,

> Jennifer Lynne

>
Vorige onderwerp: 'n Bietjie Nuus vir Almal !
Volgende onderwerp: Dom apies op die net
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 05:57:31 MGT 2024