Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grasveld
grasveld [boodskap #143328] So, 01 Oktober 2023 09:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Grasveld.
'n Grasveld.
grasveld
Afbreking: gras•veld
Samestelling: gras + veld


Selfstandige naamwoord: grasveld
Meervoud: grasvelde
Verkleinwoord: grasveldjie
Meervoud van verkleining: grasveldjies

Betekenis:
• 'n Stuk grond wat (hoofsaaklik) met gras begroei is.

Gebruik:
• Die bewaringsgebied bestaan uit ruigtes en grasveld van altesaam 50 000 ha.
• Groot natuurlike grasvelde staan as steppe en savannes bekend.

Sinoniem:
• grasland
• weiveld

Afgelei:
• grasveldklimaat
• grasveldlelie
• grasveldwol

Vertaling:
Engels: grass field
Nederlands: grasveld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skopvoet
Volgende onderwerp: afsondering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 02:13:41 MGT 2024