Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opvoed
opvoed [boodskap #143317] Sa, 30 September 2023 18:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opvoed
Afbreking: op•voed
Samestelling: op + voed


Werkwoord: voed op, opvoed
Verlede tyd: het opgevoed

Betekenis:
• Om iemand van kleins af te versorg en te vorm tot hy/sy volwasse is.
• Om iemand iets te leer; kennis oordra.

Gebruik:
• Sy ouers het hom volgens Christelike waardes opgevoed.
• Die media speel 'n belangrike rol om die publiek oor die saak op te voed.

Sinoniem:
• grootmaak
• leer
• onderrig
• opbring
• versorg
• vorm

Hiponiem:
• heropvoed

Afgelei:
• opvoedbaar
• opvoedend
• opvoeder
• opvoeding
• opvoedkunde
• opvoedkundig

Vertaling:
Engels: to bring up, raise; to educate, train
Nederlands: opvoeden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waarteen
Volgende onderwerp: niewinsgewend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:42:50 MGT 2024