Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eienaarskap
eienaarskap [boodskap #143314] Sa, 30 September 2023 16:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eienaarskap
Afbreking: ei•e•naar•skap
Samestelling: eienaar + -skap


Selfstandige naamwoord: eienaarskap
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Aanspraak op eiendom. Die wetlike reg tot besit en beheer van 'n bate.
• Verantwoordelikheid vir die welstand van iets.

Gebruik:
• Wanneer jy jou voertuig verkoop, moet jy die owerhede van die verandering van eienaarskap inlig.
• Gemeenskappe moet eienaarskap van hul eie veiligheid neem.

Sinoniem:
• besitreg
• eiendomsreg

Hiponiem:
• deeltiteleienaarskap
• mede-eienaarskap
• privaateienaarskap

Afgelei:
• eienaarskaptipe

Vertaling:
Engels: ownership
Nederlands: eigenaarschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tweebenig
Volgende onderwerp: medestigter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 02:12:39 MGT 2024