Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wanopvatting
wanopvatting [boodskap #143306] Vr, 29 September 2023 08:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wanopvatting
Afbreking: wan•op•vat•ting
Samestelling: wan + opvatting


Selfstandige naamwoord: wanopvatting
Meervoud: wanopvattinge, wanopvattings

Betekenis:
• 'n Verkeerde opvatting. 'n Siening of opinie wat verkeerd is omdat dit op foutiewe denke of begrip gebaseer is.

Gebruik:
• Dit is 'n algemene wanopvatting dat woorde in Afrikaans wat klink asof dit 'n Engelse ekwivalent het, per se 'n anglisisme is.

Sinoniem:
• mistasting
• misverstand
• misvatting
• vergissing
• waan
• wanbegrip

Vertaling:
Engels: misconception, misunderstanding
Nederlands: misvatting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waardigheid
Volgende onderwerp: opvatting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:42:11 MGT 2024