Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waardigheid
waardigheid [boodskap #143305] Vr, 29 September 2023 07:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waardigheid
Afbreking: waar•dig•heid
Samestelling: waardig + -heid


Selfstandige naamwoord: waardigheid
Meervoud: waardighede

Betekenis:
• 'n Gevoel van eiewaarde. Die hoedanigheid van waardig wees.
• 'n Amp waaraan eer en aansien verbonde is.

Gebruik:
• Die staat behoort die waardigheid van al sy onderdane, as individue, maar ook in groepverband in hulle kulturele rykdom te erken, te beskerm en te eerbiedig.
• Die waardigheid van 'n kaptein staan as 'n kapteinskap bekend.

Sinoniem:
• aansien
• beheersing
• deftigheid
• plegtigheid
• statigheid
• trotsheid
• verdienstelikheid
• voortreflikheid

Antoniem:
• onvolwaardigheid

Hiponiem:
• aanbevelenswaardigheid
• afkeurenswaardigheid
• agtenswaardigheid
• benydenswaardigheid
• besienswaardigheid
• betreurenswaardigheid
• eerbiedwaardigheid
• eerwaardigheid
• gedenkwaardigheid
• geloofwaardigheid
• gelykwaardigheid
• hoogwaardigheid
• kardinaalswaardigheid
• kindwaardigheid
• kredietwaardigheid
• lesenswaardigheid
• lofwaardigheid
• lugwaardigheid
• meerderwaardigheid
• meerwaardigheid
• menswaardigheid
• merkwaardigheid
• minderwaardigheid
• nuuswaardigheid
• offisierswaardigheid
• ongeloofwaardigheid
• onseewaardigheid
• onwaardigheid
• padwaardigheid
• prysenswaardigheid
• seewaardigheid
• strafwaardigheid
• tweewaardigheid
• vloekwaardigheid
• volwaardigheid
• wederwaardigheid

Afgelei:
• waardigheidsbekleër

Vertaling:
Engels: dignity, honour
Nederlands: waardigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanstootlik
Volgende onderwerp: wanopvatting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:35:56 MGT 2024