Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verval
verval [boodskap #143302] Do, 28 September 2023 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verval
Afbreking: ver•val
Samestelling: ver- + val


Werkwoord: verval
Verlede tyd: het verval

Betekenis:
• Om te versleg of agteruit te gaan.
• Om nie meer geldig te wees nie.

Gebruik:
• Sonder 'n polisiediens sal die land in wanorde en wetteloosheid verval.
• Die boek se outeursreg het verval.

Vertaling:
Engels: to decline, decay; to expire
Nederlands: vervallen


Selfstandige naamwoord: verval
Meervoud:

Betekenis:
• Die verslegting van 'n toestand.

Gebruik:
• Die woonbuurt se verval kan orals in die strate gesien word.

Sinoniem:
• aftakeling
• agteruitgang
• degenerasie
• vermindering
• verswakking
• verwaarlosing

Antoniem:
• opbloei

Afgelei:
• vervaldag
• vervaldatum
• vervalling
• vervaltekens
• vervaltyd

Vertaling:
Engels: decay, deterioration
Nederlands: verval

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: elektrifisering
Volgende onderwerp: mensereg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 02:18:05 MGT 2024