Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » xiloteek
xiloteek [boodskap #143291] Wo, 27 September 2023 17:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
xiloteek
Afbreking: xi•lo•teek


Selfstandige naamwoord: xiloteek
Meervoud: xiloteke

Betekenis:
• 'n Versameling met houtmonsters van verskillende soorte bome.

Gebruik:
• 'n Xiloteek is vol kissies in die vorm van 'n boek, met 'n beskrywing van die betrokke boom en 'n paar gedroogde blare, vrugte, ens.

Sinoniem:
• houtmonsterversameling

Vertaling:
Engels: xylotheque, xylarium
Nederlands: xylotheek

Nota:
• Van Grieks, xulon = hout en theek = om te plaas, lê.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: iterasie
Volgende onderwerp: driesland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:55:40 MGT 2024