Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hemels
hemels [boodskap #143283] Di, 26 September 2023 11:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hemels
Afbreking: he•mels
Samestelling: hemel + -s


Byvoeglike naamwoord: hemels
Attributief: hemelse

Betekenis:
• Wat die hemel betref.
• Wat baie mooi of lekker is.

Gebruik:
Hemelse Vader, maak my tog 'n beter ouer.
• Die vakansie was hemels gewees.

Sinoniem:
• asemrowend
• behaaglik
• boaards
• bomenslik
• eteries
• geluksalig
• goddelik
• heerlik
• onbeskryflik
• ongelooflik
• salig
• verruklik
• wonderbaarlik

Antoniem:
• aards
• wêrelds

Afgelei:
• hemelsblou
• hemelsbreed
• hemelsgesind
• hemelsnaam
• hemelswil

Vertaling:
Engels: heavenly, celestial
Nederlands: hemels

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bespot
Volgende onderwerp: onderkleed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:01:12 MGT 2024