Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A.
Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14326 is 'n antwoord op boodskap #14329] Di, 05 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Jy het nodig:
IN JOU DRANKVERSAMELING.
Meerlust Rubicon in rooi;
Simonsig Kaapsevonkel in "sjam-paan-jong"
De Leeuwenjacht Chardonnay in wit (en gehout om moederswil,)

OP JOU TAFEL:
Aaronskelk kerse;
Eetgerei absoluut "non-matching and definetaly antique;"
Vermy Royal Albert en enige iets so "deliciously common;"
Delikate rose in glas geblaas;
Waterford kristal as dit moet,maar vermy dwergies in die tuin.Die twee saam
is 'n dodelike kombinasie om jou "uncolonial" agtergrond en boersheid te
bevestig.

AAN JOU LYF.
Errol Arends. Welllll, as dit moet. Enige iets anders is in elk geval
lagwekkend Een moerse kristal van edelstenige afkoms en verkieslik 10
karaat of GROTER om die nek. Klippe aan enige vinger is
asse-moeder-se-blief saam met apartheid en Evita Bezuidenhout OORLEDE!!!
Bowendien is die medallion vir die "KARMA" en word by niemand anders as 'n
ghoeroe gekoop nie. 'n Hadji. Nog nader,'n Bhoedis!!!

JOU GASTE:
Jou pas gestigte blommeklub en jou rangskikkings verkieslik in 'n "fan" of
"twirl" .
JOU BUTLER: (Koffiejoggie - cum- katelknaap) Black, Big, and
Beautiful. Kaal gespierde bolyf, met wit handskoene en swart tux-broek, as
jou chauveur op jou veteraan Harley Davidson, of as dit dan moet: die
nuutste Triumph.

Geen goed opgevoede snob met 'n bloubloed IK van minus 160 weerstaan
hierdie vergrype nie.

Rond dit af met 'n briljante advokaat as jou lyfkneg. Hy hou al die snobs
immers uit die tronk uit ,wat probeer om al hierdie aardse sondes gelyk aan
te skaf om in tel te kan wees. Bowendien verdien jy 'n kommissie op al sy
besigheid.

Vir enige Afrikaner vroue siel, wat hierdie lewewyse wil aanpak: 'n Woord
van advies. Koop die Landbouweekblad vir die Hoekie vir eensames" want jou
man gaan jou los!!!

HOE OM VAN SNOBS ONTSLAE TE RAAK:

Gooi die huis toe onder velle. Hang "Wat is 'n huis sonder 'n moeder" teen
die sitkamermuur, en "Die Here het tussen my en 'n Koloniale Engelsman 'n
skeiding gemaak soos tussen my en 'n swartman" by die tuinhekkie.

Tjorts op die grasperk en sing "God save the Queen" terwyl jy dit toegooi.
Koop twee vuil varke en vernoem hulle na Eugene Terreblanche en Churchill.
Maak seker hulle is skootsitters en kan vloek.

IN JOU HOENDERHOK: Suiwer wit hoenders onder beskerming van die ou
Vierkleur van Transvaal en die Britse vlag.
BY JOU PATIO: Die nuwe SA vlag.

HOE OM NUWE VRIENDE TE MAAK.
JOU GASTE:

Hugh Masekhela met die Jazz Pioneers op bystand.
Geniune ou families van SOWETO en SANDTON. Maak seker die bloed is BLOU.
DIE GELEENTHEID: 'n Township Jive op jou landgoed.
KLEREDRAG VIR JOU SOWETO GASTE:.Gucchi,Marianne Fassler,en Rolex, Porches
en Porches en Lamborghini.
JOU DRANKKABINET: Brandewyn en Coke. Baie Whiskey.
KLEREDRAG VIR JOU SANDTON GASTE: Very understated and old-English,
4-wheel drives van alle soorte. Reel vir die goedjies
'n voëlskiet and "troutfishing" kompetisie. Hou hulle besig terwyl jy wag
vir die SOWETO bende wat moontlik vyf ure laat kan wees.
JOU DRANKKABINET: Gin and tonic for heaven's sake!
Moenie worry oor die taalkwessie nie.Sodra jy die pap en wors uitpluk,slaan
die hele spul oor na moedertaal-nostalgie.Hugh pluk sy konsertina uit, en
voor jy jou oë uitvee word 'n nuwe nasie gebore op jou voorstoep.
Stuur soetruikende sigaartjies - tuis gerol, om vir die geesvang;

Rond die aand met oom Kalfie se goue medalje Witblits af, en dra die besope
lyke van jou " old-colonial pelle" van jou grasperk af.

Die Wit-Afrikaner-cum- eie- tuisland, "yuppie" bure is 'n "dying breed" en
moet onder toesig van die World Wild Life Society in 'n natuurreservaat
geplaas word. Die status van " bedreigde spesie " kan aan hulle toegeken
word. Plant 'n Elize Botha - roos vir hulle nagedagtenis in jou tuin, en
gesels elke oggend liefdevol met die boompie.

Wil iemand hierop voortborduur? Dit kan nogal pret afgee.
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14327 is 'n antwoord op boodskap #14326] Di, 05 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In artikel #1/1,
het "griet" diepe filosofiese dinge kwytgeraak:
>
Jong... ek weet darem nie.

As ons wil partytjie hou (selfs in die nuwe SA), dan kom ons sommer so
bymekaar. Elkeen bring sy eie drank en elkeen bring sy eie vleis en 'n slaai,
en ek gee die vuur. Dan maak ons maar soos ons smaak... verstaan jy?

Elkeen het dan sy eie voorkeur in vleis wat hy of sy vir almal anders probeer
laat proe... die een vertel vir daai een van die nuwe whiskey wat hy nou
ontdek het wat jy nie in die ou Suid Afrika kon koop nie. Dit is die enigste
plek waar jy Kreef en Koedoewors op dieselfde rooster sal kry, en waar mense
kaviaar saam met crispy rolls eet.

Die kinders wangedra hulle buite in die agterplaas en kort-kort kom een in in
trane en dan troos die ouers maar gou.

Later kom die kitare uit en dan sing iemand maar so of sing almal saam vir 'n
vale. Dit hou ook later op wanneer iemand daarop aandring dat die
kitaarspeler iets te sing wat hy nie ken nie, en dan drink meeste daarna maar
net en vertel grappe. O, en dan wil elkeen na die musiekmaak sake ook sy eie
troetelCD uit die motor uit kry en dit vir almal speel. Worsie Visser (mag
daar rus wees vir hom), Laurika Rauch, Soweto String Quartet, Johannes
Kerkorrel en ... natuurlik Mike Batt kry almal hul beurt. Nou nie dat iemand
eintlik luister nie, maar so gaan dit maar.

Dit was nie 'n regte partytjie as die bure nie kom kla het nie... verstaan jy?

En ons kleurling en swart vriende (is dit nog polities korrek om Kleurling of
swart te wees? As jy voel dit is nie, lees maar hierdie paragraaf mis, dan
voel jy dalk beter) pas reg in, want 'n mens meng mos maar saam met die saam
met wie jy tuisvoel. Selfs in die Nuwe Suid-Afrika. Nou mag hulle ook maar
tuis voel.

Groete uit die Boland

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14328 is 'n antwoord op boodskap #14326] Di, 05 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"griet" writes:

> OP JOU TAFEL:
> Aaronskelk kerse;
> Eetgerei absoluut "non-matching and definetaly antique;"
> Vermy Royal Albert en enige iets so "deliciously common;"

Die tannie met die kappie hou nie
daarvan dat beide die Afrikaanse
en die Engelse taal hier so opgemors
word nie.

(Die Skietkommando van die Boere-staat
wat besig is om te ontstaan na die
Derde Vryheidsoorlog. Hulle leuse
is : "Ons skiet om raak te skiet.")
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14329 is 'n antwoord op boodskap #14326] Di, 05 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote:
>
> In artikel #1/1,
> het "griet" diepe filosofiese dinge kwytgeraak:
>>
> Jong... ek weet darem nie.
>
> As ons wil partytjie hou (selfs in die nuwe SA), dan kom ons sommer so
> bymekaar. Elkeen bring sy eie drank en elkeen bring sy eie vleis en 'n slaai,
> en ek gee die vuur. Dan maak ons maar soos ons smaak... verstaan jy?
>
> Elkeen het dan sy eie voorkeur in vleis wat hy of sy vir almal anders probeer
> laat proe... die een vertel vir daai een van die nuwe whiskey wat hy nou
> ontdek het wat jy nie in die ou Suid Afrika kon koop nie. Dit is die enigste
> plek waar jy Kreef en Koedoewors op dieselfde rooster sal kry, en waar mense
> kaviaar saam met crispy rolls eet.
>

Gideon het jy dalk werk vir my daar. Lyk my hulle betaal beter daar in
'Moegg hom Moggkel, moegg hom' (sê met kaapse aksent) se land.

Hier in die Transvaal doen ons dit presies dieselfde behalwe hier vat jy
jou tenderized steak - dus nou 'n stuk sening na jy die hel uit hom
gedonder het - en 'n stuk van die local keffie se 'imitation boerewors'
wors (daai met meer hart, testicels en semels as vleis in) saam met jou
six pack Windhoek en die vrou met haar wine of the month. Dan wag jy tot
hierdie ouens met die kreef en fillet beursies se vleisie net so amper
reg is, en hulle gou loop om nog 'n dop te gooi... :). Hulle is
natuurlik heeltemal moerig en soek na die bokker wat hulle vleis
opgevreet het, maar na nog 'n paar van hulle single malt's in die
kristal glase is alles vergete. Dan kan jy veruk met 'n oophangende mond
luister na hulle nuutse avonture in Amerika en Frankyk om van die safari
na Sabi Sabi en hoeveel koedoes hulle gaan vermoor op hul wildplaas die
winter nie eers te praat nie. Wonderlik hoe vrygewig hulle dan raak met
die moutsappies.

Later as die biere op is en die manne raak suining met die single malt's
spring jy in jou Datsun bakkie (yup, steeds Datsun - vertel jou hoe oud
sy is), roep jou dikmond vrou (sy moes heelaand luister na die nuuste
binneversierings neigings vir vakansie huise in Plett en Forell cottages
in Dullstroom en hoe goed klein George en Dianna inpas by die Ingelse
privaat skool) en jy sny 'n lyn na jou plekkie (eintlik die bank sin)
anderkant die spoor. Gooi 'n Pink Floyd tape in die radio en draai die
volume op want jy weet vroulief gaan mor oor ons al weer na swaer
Anneries se woonstel in Margate toe gaan die komende vakansie.

En as jy lucky is kan jy jou steak en wors huistoe vat vir die hond. Dus
nou as hy dit nie agter die kolehok tussen die kakiebosse gaan begrawe
nie.

Groete
Lou

PS: Vat met 'n knippie sout, veral op die fillet.
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14330 is 'n antwoord op boodskap #14329] Di, 05 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
griet skryf 'n sprokie:

> Meerlust Rubicon in rooi;
>
> Geen goed opgevoede snob met 'n bloubloed IK van minus 160
> 4-wheel drives van alle soorte.
>
> Wil iemand hierop voortborduur?

Griet, jy't dêm goed gedoen tot nou toe, hoekom stop?

My probleem is, ons sit hier in die bosse van Afrika, en dis vir my moeilik
om jou te plaas. Ek lei af Noordelike voorstede, want hulle het die slegste
paaie in SA, vandaar die baie 4x4's. Tzaneen het die tweede slegste paaie...

So ons vat ons 4x4's, plus jou bottel Meerlust (Kaapse vriende verlede
winter saamgebring met die hoop om 'n koedoe te skiet) en die Roodeberg en
KWV. Blikbekers (Jan Spies het gesê jy moet weet hoe smaak hy daaruit, sowel
as kristalglase). Weg na 'n kennis se wildsplaas (hy's na die oes St Lucia
toe). Hardekool vuur. Verder soos wat Gideon sê, sonder die kreef. Koos du
Plessis laatnag, of Skipskop. Tot die leeus begin brul...

(O ja, die minus 160 IK is doelbewus nie geknip nie...)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14356 is 'n antwoord op boodskap #14329] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>>
>> Hier in die Transvaal doen ons dit presies dieselfde behalwe hier vat jy
>> jou tenderized steak - dus nou 'n stuk sening na jy die hel uit hom
>> gedonder het - en 'n stuk van die local keffie se 'imitation boerewors'
>> wors (daai met meer hart, testicels en semels as vleis in) saam met jou
>> six pack Windhoek en die vrou met haar wine of the month. Dan wag jy tot
>> hierdie ouens met die kreef en fillet beursies se vleisie net so amper
>> reg is, en hulle gou loop om nog 'n dop te gooi... :). Hulle is
>> natuurlik heeltemal moerig en soek na die bokker wat hulle vleis
>> opgevreet het, maar na nog 'n paar van hulle single malt's in die
>> kristal glase is alles vergete. Dan kan jy veruk met 'n oophangende mond
>> luister na hulle nuutse avonture in Amerika en Frankyk om van die safari
>> na Sabi Sabi en hoeveel koedoes hulle gaan vermoor op hul wildplaas die
>> winter nie eers te praat nie. Wonderlik hoe vrygewig hulle dan raak met
>> die moutsappies.
>>
>> Later as die biere op is en die manne raak suining met die single malt's
>> spring jy in jou Datsun bakkie (yup, steeds Datsun - vertel jou hoe oud
>> sy is), roep jou dikmond vrou (sy moes heelaand luister na die nuuste
>> binneversierings neigings vir vakansie huise in Plett en Forell cottages
>> in Dullstroom en hoe goed klein George en Dianna inpas by die Ingelse
>> privaat skool) en jy sny 'n lyn na jou plekkie (eintlik die bank sin)
>> anderkant die spoor. Gooi 'n Pink Floyd tape in die radio en draai die
>> volume op want jy weet vroulief gaan mor oor ons al weer na swaer
>> Anneries se woonstel in Margate toe gaan die komende vakansie.
>>
>> En as jy lucky is kan jy jou steak en wors huistoe vat vir die hond. Dus
>> nou as hy dit nie agter die kolehok tussen die kakiebosse gaan begrawe
>> nie.
>>
>> Groete
>> Lou
>
> My dierbare ou Lou. Is dit nou soos
> dit in die Nuwe Suid-Afrika gaan onder
> julle klomp Boere. Ek het gedink julle
> is so verarm, so bang dat julle beroof
> en vermoor gaan word, die rand so laag
> dat julle nie oorsee kan reis nie.Dier-
> baarheid. Ek moet dit vir sommige van
> die Kanadese hier rond sê. Die lewens-
> peil hier is glad nie so hoog nie. Ek
> het altyd gedink "De Kat" maak sommer
> al die "high living" ietwat dekadente
> artikels op oor die Suid-Afrika van
> vandag. Maar nou sien ek hulle praat
> die waarheid.
>
> Gloudina

Eet julle ok tenderized steak Gloudina? En jy kan de Kat(k) nog bekostig
- ek lees dit so vinning in die CNA as ek toegelaat word. Stuur bietjie
aan as jy dit klaar in die lewie gelees het.

Jy weet die geld wat ons spaar deur nie ons munisipale rekeninge en TV
lisensies te betaal nie help darem om die kop bo watter te hou.
Natuurlik is die vry medies sorg nie te versmaaie nie, net laas week het
hulle my toegelaat om die hele week vir die dokter by die hospitaal te
wag sodat hy na my ingroei toonnaels kon kyk. Sommer daar geslaap ok,
dis te ver om elke dag huis toe te gaan vandat hulle ons plaaslike
hospitaal gesluit het omdat daar te veel beddens was. Ongelukkig moes ek
op die vloer slaap - was nie genoeg beddens nie maar dit was ok
aangesien daar in elk geval nie beddegoed op die beddens is nie. Jy moet
jou eie bring, sien, die ooerspronklike stelle is geredistribute. Ek het
ok 'n hele sak aspros gekry by die dokter vir boetie se asma. Toe ek vra
of dit sal help het hy sy skouers opgetrek en gesê hy glo nie maar dis
al wat hy het.

Natuurlik is dit ook heel lekker om al die nuwe bure te ontmoet - dis
nou die plakkers wat laer in die straat af ingetrek het. Nooit gedink ek
sal sommer 'n slag ding so op die hoef hier in my buurt kon koop en
sommer net daar laat slag ok nie. Die sjebeen is ook heel handig - net
bietjie duur maar as 'n man dors is. Petrol is goedkoop - dis die
belasting daarop wat ons doodmaak. Volgens die statistiek perre is
inflasie 5%, nie by my keffie nie.

Ek worrie ook nie meer om die foon te betaal nie want die kabel word in
elk geval weekliks gesteel - so die postoffice laat weet om sommer die
foon ook te kom haal. My kinders speel deesdae ook lekker in die straat
jy weet, pothole so groot soos 'n swembad in skuins voor ons huis, so
nou hou ons sommer 'n bring en braai daar by die communal swembad net
jammer van die muskiete.

Ek worrie ook nie meer oor die diefstalle en roof nie - ek gaan haal
sommer nuwe meubels by my buurman met die 4X4 en die huis op Plet as
myne verdwyn - hy geen nie juis om nie want hy koop dit sommer met die
local goverment se Serafina fondse. Vir die rowers is ek ook nie meer
bang nie, die goewerment het al die hele lot gesteel en hulle weet dit.

Ek werk ook nog lekker dankie, my AA replacement sal seker een van die
dae by die werk opdaag, hy trek al salaris van die begin van die jaar
af. Die bestuur is heel in hul nopies met sy vordering, hy is in terme
van die nuwe wet aangestel jy weet, die een wat se as jy nie swart mense
aanstel nie sal die goewerment jou beboet maak nie saak of hulle die
werk kan doen of nie.

Enigste ding wat my nog bangmaak en in 'n angssweet laat wakkerskrik is
die gerugte van 'n derde boereoorlog - glo gelei deur 'n kanadese antie
met 'n kappie op 'n brandsiek donkie - sy gaan glo alles hier rond kom
regruk. Hoop sy is beter as die ANC want hulle regruk van die NP se
gemors het 'n net nog groter gemors veroorsaak. Maar nou ja doller as
kop af kan dit ook nie.

Groete
Lou
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14357 is 'n antwoord op boodskap #14329] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

>
> Hier in die Transvaal doen ons dit presies dieselfde behalwe hier vat jy
> jou tenderized steak - dus nou 'n stuk sening na jy die hel uit hom
> gedonder het - en 'n stuk van die local keffie se 'imitation boerewors'
> wors (daai met meer hart, testicels en semels as vleis in) saam met jou
> six pack Windhoek en die vrou met haar wine of the month. Dan wag jy tot
> hierdie ouens met die kreef en fillet beursies se vleisie net so amper
> reg is, en hulle gou loop om nog 'n dop te gooi... :). Hulle is
> natuurlik heeltemal moerig en soek na die bokker wat hulle vleis
> opgevreet het, maar na nog 'n paar van hulle single malt's in die
> kristal glase is alles vergete. Dan kan jy veruk met 'n oophangende mond
> luister na hulle nuutse avonture in Amerika en Frankyk om van die safari
> na Sabi Sabi en hoeveel koedoes hulle gaan vermoor op hul wildplaas die
> winter nie eers te praat nie. Wonderlik hoe vrygewig hulle dan raak met
> die moutsappies.
>
> Later as die biere op is en die manne raak suining met die single malt's
> spring jy in jou Datsun bakkie (yup, steeds Datsun - vertel jou hoe oud
> sy is), roep jou dikmond vrou (sy moes heelaand luister na die nuuste
> binneversierings neigings vir vakansie huise in Plett en Forell cottages
> in Dullstroom en hoe goed klein George en Dianna inpas by die Ingelse
> privaat skool) en jy sny 'n lyn na jou plekkie (eintlik die bank sin)
> anderkant die spoor. Gooi 'n Pink Floyd tape in die radio en draai die
> volume op want jy weet vroulief gaan mor oor ons al weer na swaer
> Anneries se woonstel in Margate toe gaan die komende vakansie.
>
> En as jy lucky is kan jy jou steak en wors huistoe vat vir die hond. Dus
> nou as hy dit nie agter die kolehok tussen die kakiebosse gaan begrawe
> nie.
>
> Groete
> Lou

My dierbare ou Lou. Is dit nou soos
dit in die Nuwe Suid-Afrika gaan onder
julle klomp Boere. Ek het gedink julle
is so verarm, so bang dat julle beroof
en vermoor gaan word, die rand so laag
dat julle nie oorsee kan reis nie.Dier-
baarheid. Ek moet dit vir sommige van
die Kanadese hier rond sê. Die lewens-
peil hier is glad nie so hoog nie. Ek
het altyd gedink "De Kat" maak sommer
al die "high living" ietwat dekadente
artikels op oor die Suid-Afrika van
vandag. Maar nou sien ek hulle praat
die waarheid.

Gloudina
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14358 is 'n antwoord op boodskap #14329] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Thomas Jacobs wrote:
>
> Net om so a while weg te breek van julle vreet gewoontes nakend swemmery
> in modderpoeletjies op straat, kan ons oor die berig oor die NP-leier
> gesels. Dis nou sappiggggggg, lekkerrrr.
> Kom toe nou aat die party start.
>

Ok Tommie - vertel jy nou vir ons - het hy of het hy nie? Is die ANC
besig om hom swart :) te probeer smeer? Wie gaan vir wie hof toe sleep?

Net so by the way - in die pothole voor my huis is kaal swemmery uit. Of
verstaan jy nie gemixde Afrikaans nie - jy praat dit dan so goed? O ja -
geluk dat jy een keer 'n pos gestuur het sonder enige onder die belt
vloekwoorde in dit.

Cheers
Lou
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14384 is 'n antwoord op boodskap #14329] Do, 07 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...

> want jy weet vroulief gaan mor oor ons al weer na swaer
> Anneries se woonstel in Margate toe gaan die komende vakansie.

Vakansie?

Wat is dit?

Groete, Leendert
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14394 is 'n antwoord op boodskap #14329] Do, 07 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In "Leendert van Oostrum" writes:

> lou wrote in message ...

>> My kinders speel deesdae ook lekker in die straat
>> jy weet, pothole so groot soos 'n swembad in skuins voor ons huis, so
>> nou hou ons sommer 'n bring en braai daar by die communal swembad net
>> jammer van die muskiete.

> Dankie vir die storie lou.

> Maar ek sien in die Star hierdie week dat daar nou soveel eise teen die
> staat verwag word vir lewensverlies en skade aan eiendom weens die verval
> van die padnetwerk dat die eise waarskynlik die totale paaiebegroting
> oorskry.

> Groete, Leendert

Net om so a while weg te breek van julle vreet gewoontes nakend swemmery
in modderpoeletjies op straat, kan ons oor die berig oor die NP-leier
gesels. Dis nou sappiggggggg, lekkerrrr.
Kom toe nou aat die party start.

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14422 is 'n antwoord op boodskap #14356] Vr, 08 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...

> My kinders speel deesdae ook lekker in die straat
> jy weet, pothole so groot soos 'n swembad in skuins voor ons huis, so
> nou hou ons sommer 'n bring en braai daar by die communal swembad net
> jammer van die muskiete.

Dankie vir die storie lou.

Maar ek sien in die Star hierdie week dat daar nou soveel eise teen die
staat verwag word vir lewensverlies en skade aan eiendom weens die verval
van die padnetwerk dat die eise waarskynlik die totale paaiebegroting
oorskry.

Groete, Leendert
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14423 is 'n antwoord op boodskap #14329] Vr, 08 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Thomas Jacobs wrote in message ...

> Net om so a while weg te breek van julle vreet gewoontes nakend swemmery
> in modderpoeletjies op straat, kan ons oor die berig oor die NP-leier
> gesels. Dis nou sappiggggggg, lekkerrrr.
> Kom toe nou aat die party start.

Watter berig, Thomas?

Groete, Leendert
Re: Hoe ons partytjie hou in die nuwe S.A. [boodskap #14424 is 'n antwoord op boodskap #14329] Vr, 08 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7 May 1998 13:55:04 +0200, cc...@hippo.ru.ac.za (Thomas Jacobs) wrote:

>
> Net om so a while weg te breek van julle vreet gewoontes nakend swemmery
> in modderpoeletjies op straat, kan ons oor die berig oor die NP-leier
> gesels. Dis nou sappiggggggg, lekkerrrr.
> Kom toe nou aat die party start.
>
>
> --
> Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
> Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj

Het julle ous dit gesien? Thomas het iets geskryf sonder die
gewoonlike swak taal - ek dink ons moet hom gelukwens, vra om so aan
te hou en 'n patrysveer vir sy hoed gee!
Vorige onderwerp: Kroegen in Pretoria; Bass
Volgende onderwerp: Die woord "Lekker"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 18:38:36 MGT 2024