Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontbind
ontbind [boodskap #143265] Ma, 25 September 2023 15:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19065
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontbind
Afbreking: ont•bind
Samestelling: ont- + bind


Werkwoord: ontbind
Verlede tyd: het ontbind

Betekenis:
• Om in dele op te breek of op te hou bestaan.
• (biologie) Om deur bederf en verrotting te vergaan.
• (wiskunde) Om 'n getal in faktore op te breek.

Gebruik:
• Die Sowjetunie het in 1991 ontbind.
• Die blare ontbind en verryk die grond.
Ontbind die getal 10 in sy priemfaktore. Antwoord: {2,5}.

Sinoniem:
• afbreek
• bederf
• disintegreer
• opbreek
• verrot
• verteer
• vrot

Afgelei:
• ontbindbaar
• ontbindend
• ontbinder
• ontbinding

Vertaling:
Engels: to break up, disband, dissolve; to decompose; to decompose
Nederlands: ontbinden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongemak
Volgende onderwerp: huidmondjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 23:30:31 MGT 2024