Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kanaal
kanaal [boodskap #143245] So, 24 September 2023 14:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kanaal
Afbreking: ka•naal
Uitspraak: /kaˈnɑːl/


Selfstandige naamwoord: kanaal
Meervoud: kanale
Verkleinwoord: kanaaltjie
Meervoud van verkleining: kanaaltjies

Betekenis:
• 'n Rivier wat deur mense gegrawe is; kunsmatige waterleiding.
• 'n Wateroppervlak, wyer as 'n seestraat, wat twee seë verbind of twee landoppervlaktes skei.
• 'n Pyp, buis of ander opening waarlangs iets beweeg.
• (figuurlik) 'n Weg waarlangs iets bereik kan word.

Gebruik:
• Water word uit die kanaal gepomp om die landerye te besproei.
• Die Engelse Kanaal tussen Frankryk en die Britse Eilande verbind die Keltiese See met die Noordsee.
• Klankgolwe beweeg deur die gehoorbuis, 'n kanaal tussen die uitwendige oor en die trommelvlies.
• Jy moet die regte kanale volg om aansoek te doen.

Hiponiem:
• aanvoerkanaal
• afleidingskanaal
• afvoerkanaal
• afwateringskanaal
• dermkanaal
• geboortekanaal
• gehoorkanaal
• geleidingskanaal
• instromingskanaal
• irrigasiekanaal
• kommunikasiekanaal
• leikanaal
• lugkanaal
• maagdermkanaal
• Panamakanaal
• ringkanaal
• rookkanaal
• rugmurgkanaal
• sluiskanaal
• spraakkanaal
• spyskanaal
• spysverteringskanaal
• Sueskanaal
• subkanaal
• sykanaal
• toevoerkanaal
• urinekanaal
• verbindingskanaal

Afgelei:
• kanaalbaber
• kanaalbeampte
• kanaalboot
• kanaalbrug
• kanaalduiker
• kanaaldyk
• kanaaleilande
• kanaalgeld
• kanaalhawe
• kanaallig
• kanaalkieser
• kanaalkus
• kanaalloods
• kanaaloewer
• kanaalpand
• kanaalreg
• kanaalsluis
• kanaalsluise
• kanaalstelsel
• kanaalswemmer
• kanaaltarief
• kanaaltol
• kanaalvaarder
• kanaalvaart
• kanaalverbinding
• kanaalvisser
• kanaalwal

Vertaling:
Engels: canal; channel; channel, passage; channel
Nederlands: kanaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: herbegrawe
Volgende onderwerp: voorvader
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:40:21 MGT 2024