Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » senuwee
senuwee [boodskap #143211] Wo, 20 September 2023 19:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
senuwee
Afbreking: se•nu•wee


Selfstandige naamwoord: senuwee
Meervoud: senuwees
Verkleinwoord: senuweetjie
Meervoud van verkleining: senuweetjies

Betekenis:
• Draadagtige struktuur in die liggaam wat prikkels oordra.
• (figuurlik) 'n Persoon se emosionele toestand; prikkelbaarheid.

Gebruik:
• 'n Senuwee dra inligting in die vorm van elektrochemiese impulse oor deur die individuele neurone wat die senuwee vorm.
• Die ou werk op my senuwees.

Hiponiem:
• aangesigsenuwee
• bewegingsenuwee
• buiksenuwee
• dwaalsenuwee
• gehoorsenuwee
• gelaatsenuwee
• gesigsenuwee
• gevoelsenuwee
• hartsenuwee
• heupsenuwee
• huidsenuwee
• katrolsenuwee
• lewensenuwee
• maagsenuwee
• oogsenuwee
• reuksenuwee
• smaaksenuwee
• tandsenuwee
• tongsenuwee
• vaatsenuwee
• vagussenuwee

Afgelei:
• senuwee-aanval
• senuwee-eindpunt
• senuwee-impuls
• senuwee-ineenstorting
• senuweeagtig
• senuweebol
• senuweeknoop
• senuweekwaal
• senuweelyer
• senuweepyn
• senuweesel
• senuweestelsel
• senuweetrekking
• senuweewrak

Vertaling:
Engels: nerve
Nederlands: zenuw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: transendensie
Volgende onderwerp: hiervoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:52:41 MGT 2024