Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » volhou
volhou [boodskap #143208] Wo, 20 September 2023 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volhou
Afbreking: vol•hou
Samestelling: vol + hou


Werkwoord: hou vol, volhou
Verlede tyd: het volgehou

Betekenis:
• Om te bly doen waarmee jy begin het; tot die einde aanhou.
• Om te bly by wat jy sê/beweer.

Gebruik:
• Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. [2 Timoteus 4:7]
• Hy hou vol dat hy onskuldig is.

Sinoniem:
• aanbeur
• deurdruk
• handhaaf
• koershou
• vasbyt
• volhard
• voortbeur
• voortgaan

Afgelei:
• volhoubaar
• volhouer

Vertaling:
Engels: to continue, persist, persevere; to maintain
Nederlands: volhouden

Nota:
• Om te seil sodat die seile gevul bly.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tinktuur
Volgende onderwerp: onderkry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 02:17:17 MGT 2024