Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » frokkie
frokkie [boodskap #143206] Wo, 20 September 2023 17:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Frokkie.
'n Frokkie.
frokkie
Afbreking: frok•kie
Samestelling: frok + -ie


Selfstandige naamwoord: frok
Meervoud: frokke
Verkleinwoord: frokkie
Meervoud van verkleining: frokkies

Betekenis:
• 'n Moulose hemp vir mans wat direk oor die bors (meestal as 'n onderhemp) gedra word.

Gebruik:
• Die atlete by die skool hardloop met frokkies.

Sinoniem:
• onderhemp
• wessie (informeel)

Afgelei:
• atletiekfrokkie
• mansfrokkie
• frokkiehemp

Vertaling:
Engels: undershirt, undervest, vest
Nederlands: onderhemd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.


Vorige onderwerp: senuweestelsel
Volgende onderwerp: tinktuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:35:06 MGT 2024