Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trouens
trouens [boodskap #143154] Di, 12 September 2023 17:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
trouens
Afbreking: trou•ens


Bywoord: trouens

Betekenis:
• Om die waarheid te sê; in werklikheid; in der waarheid.
• Origens, afgesien daarvan.

Gebruik:
Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng? [Lukas 12:25]
• Dit is vroeër, en word trouens vandag nog, as belangrik beskou.

Sinoniem:
• immers
• inderdaad
• origens
• selfs
• waarlik

Vertaling:
Engels: besides; as a matter of fact
Nederlands: trouwens

Nota:
• Bywoord van modaliteit.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lentemaand
Volgende onderwerp: agterspeen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:45:03 MGT 2024