Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inmeng
inmeng [boodskap #143135] So, 10 September 2023 19:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inmeng
Afbreking: in•meng
Samestelling: in + meng


Werkwoord: meng in, inmeng
Verlede tyd: het ingemeng

Betekenis:
• Om iets, deur dit te meng, in iets anders op te neem.
• (figuurlik) Om jou ongevraagd met ander se sake te bemoei.

Gebruik:
• Sy het fyn biltong vir ekstra smaak by die deeg ingemeng.
• Kinders behoort hulle nie by grootmense se sake in te meng nie.

Sinoniem:
• inroer
• bemoei

Afgelei:
• inmenging
• inmenger

Vertaling:
Engels: to mix in with; to interfere with
Nederlands: inmengen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kiesafdeling
Volgende onderwerp: onstuitbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:42:17 MGT 2024