Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verskyning
verskyning [boodskap #143123] So, 10 September 2023 07:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verskyning
Afbreking: ver•sky•ning
Samestelling: verskyn + -ing


Selfstandige naamwoord: verskyning
Meervoud: verskynings
Verkleinwoord: verskyninkie
Meervoud van verkleining: verskyninkies

Betekenis:
• Die handeling van verskyn (om sigbaar te word).
• Om in die openbaar op te tree of in 'n hof teenwoordig te wees.

Gebruik:
• Halley se Komeet is laas in 1986 gesien en sal weer in 2061 sy verskyning maak.
• Die regter het beveel dat 'n tolk vir die beskuldigde se volgende verskyning beskikbaar gestel word.

Sinoniem:
• manifestasie
• sigbaarwording
• opdaging
• optrede
• voorkom

Hiponiem:
• geesverskyning
• herverskyning
• nie-verskyning
• spookverskyning
• wederverskyning

Afgelei:
• verskyningsdag
• verskyningsvorm

Vertaling:
Engels: appearance
Nederlands: verschijning

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beskuldigde
Volgende onderwerp: justisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 19:23:49 MGT 2024