Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bonatuurlik
bonatuurlik [boodskap #143121] So, 10 September 2023 07:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bonatuurlik
Afbreking: bo•na•tuur•lik
Samestelling: bo + natuurlik


Byvoeglike naamwoord: bonatuurlik
Vergrotende trap: bonatuurliker
Oortreffende trap: bonatuurlikste
Attributief: bonatuurlike
Partitief: bonatuurliks

Betekenis:
• Wat nie op 'n natuurlike wyse verklaar kan word nie.

Gebruik:
• 'n Sprokie is 'n vertelling waarin bonatuurlike wesens soos hekse, drake, feë en dwergies optree.

Sinoniem:
• boweaards
• onaards
• onbegryplik
• onverklaarbaar
• paranormaal
• spookagtig
• teennatuurlik

Antoniem:
• natuurlik

Afgelei:
• bonatuurlikheid

Vertaling:
Engels: supernatural
Nederlands: bovennatuurlijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koorlid
Volgende onderwerp: beskuldigde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 19:35:33 MGT 2024