Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoeksteen
hoeksteen [boodskap #143119] Sa, 09 September 2023 19:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hoeksteen.
'n Hoeksteen.
hoeksteen
Afbreking: hoek•steen
Samestelling: hoek + steen


Selfstandige naamwoord: hoeksteen
Meervoud: hoekstene

Betekenis:
• 'n Steen wat die hoek van 'n gebou verstewig, of 'n gedenksteen wat in 'n hoekpunt ingemessel is.
• (figuurlik) 'n Anker- of steunpunt waarop voortgebou word.

Gebruik:
• Paul Kruger het die hoeksteen van die Gereformeerde Kerk in Pretoria op 10 Oktober 1896, sy verjaardag, gelê.
• Die landbou is die hoeksteen waarop ons beskawing gebou is.

Afgelei:
• hoeksteenlegging

Vertaling:
Engels: cornerstone, corner block, keystone
Nederlands: hoeksteen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deels
Volgende onderwerp: koorlid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 19:14:34 MGT 2024