Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina en Leendert
Gloudina en Leendert [boodskap #14311] Ma, 04 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
SAKKIE  is tans af-lyn  SAKKIE
Boodskappe: 8
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina, ek het jou been getrek man....... Moet tog nie so vinnig op jou
perdjie wees nie. Om die waarheid te sê, ek geniet julle twee se oor en
weer kommentaar so af en toe.

Wat albei van julle moet besef is dat ernstige mense regte skendings aan
albei kante gepleeg is oor die laaste paar dekades. Onskuldige mense aan
albei kante is koelbloedig vermoor.

Ek raak net baie bekommerd as ons (nuwe) regering individuele insidente
gebruik om rasse haat aan te vlam wanneer 'n "swarte" benadeel is, terwyl
"blanke" boere daagliks in gevaar is en letterlik by die dosyne vemoor word
sonder dat ons 'n STERK boodskap van die regering se kant of kom wat die
gebeure afkeur nie.

Groetnis ---------- Sakkie
ns. Ek wil nog vir jou kom kuier in Kanada. Ek hoor die natuur is
asemrowend mooi.
Re: Gloudina en Leendert [boodskap #14312 is 'n antwoord op boodskap #14311] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: > Gloudina skryf:
>
>> Dis
>> daar waar ek gelukkig voel. Dis soos dit
>> lyk waar ek grootgeword het, in die
>> Noordkaap.
>
> Waar in die Noordkaap, Gloudina?

Op Marchand, maar ek is gebore op
Perde-eiland, wat met 'n brug verbind
is met Marchand, waar ek skoolgegaan het.
Ho"erskool op Kakamas. Marchand is sowat
vyftig kilometers bo die Aughrabiese
Valle.

> Terloops, ek merk jou sleutelbord praat nou ook Afrikaans, so Hannes se
> voorstel werk blykbaar goed?

Nee, ek skryf maar net langer stukke
in "Word" waar ek my van die leestekens
kan bedien.

Gloudina
Re: Gloudina en Leendert [boodskap #14313 is 'n antwoord op boodskap #14311] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Dis
> daar waar ek gelukkig voel. Dis soos dit
> lyk waar ek grootgeword het, in die
> Noordkaap.

Waar in die Noordkaap, Gloudina?

Terloops, ek merk jou sleutelbord praat nou ook Afrikaans, so Hannes se
voorstel werk blykbaar goed?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Gloudina en Leendert [boodskap #14314 is 'n antwoord op boodskap #14311] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"SAKKIE" writes:

> Groetnis ---------- Sakkie
> ns. Ek wil nog vir jou kom kuier in Kanada. Ek hoor die natuur is
> asemrowend mooi.

Wel, vir iemand wat gewoond geword het
aan die asemberowende natuurskoon van
Suid-Afrika, is die oostelike deel van
Noord-Amerika maar taamlik oninteressant.
Hier en daar is daar klein bergagtige
dele en daar is natuurlik al die mere,
maar geniet maar die vinnige en dramatiese
geologiese en klimaatsverskille van Suid-
Afrika. Hier ry jy 'n duisend kilometer
en dis nog net groen bome langs die pad
in die somer. Dan kry jy weer die prairie
vir duisende kilometers. Die Rockies is
wonderlik. In die VSA is die weste wonder-
lik met sy semi-woestyn gedeeltes. Dis
daar waar ek gelukkig voel. Dis soos dit
lyk waar ek grootgeword het, in die
Noordkaap.

Gloudina
Re: Gloudina en Leendert [boodskap #14349 is 'n antwoord op boodskap #14311] Di, 05 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina nostalgeer:

> Op Marchand, maar ek is gebore op
> Perde-eiland, wat met 'n brug verbind
> is met Marchand, waar ek skoolgegaan het.
> Ho"erskool op Kakamas. Marchand is sowat
> vyftig kilometers bo die Aughrabiese
> Valle.

Was jy ooit op Gemsbokpark toe. Noenieput? Vanzylsrus?

(Onthou dat ek jou die storie vertel van die ou wat skape veiling toe gevat
het op Hotazel.)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Diskrimenasie
Volgende onderwerp: Die moddergooi wedstryd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 00:38:24 MGT 2024