Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitlating
uitlating [boodskap #143084] Ma, 04 September 2023 09:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitlating
Afbreking: uit•la•ting
Samestelling: uitlaat + -ing


Selfstandige naamwoord: uitlating
Meervoud: uitlatinge, uitlatings

Betekenis:
• Die handeling van uitlaat (na buite laat gaan).
• 'n Mening wat 'n mens uitspreek.
• Iets wat weggelaat is.

Gebruik:
• Die uitlating van water uit die dam veroorsaak 'n styging in die rivier se watervlak.
• Die president sê uitlating dat daar nie plaasmoorde in Suid-Afrika is nie het almal verstom.
• Dit is 'n ernstige uitlating!

Sinoniem:
• loslating
• ontsnapping
• kwinkslag
• onthulling
• opinie
• opmerking
• stelling
• uiting
• uitspraak
• omissie
• weglating

Afgelei:
• uitlatingskoëffisiënt
• uitlatingsteken
• woorduitlating

Vertaling:
Engels: release, discharge; utterance, remark, statement; omission
Nederlands: uitlating

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitbetaal
Volgende onderwerp: beginselloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 02:48:20 MGT 2024