Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meervoudsuitgang
meervoudsuitgang [boodskap #143066] So, 03 September 2023 07:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meervoudsuitgang
Afbreking: meer•vouds•uit•gang
Samestelling: meervoud + -s- + uitgang


Selfstandige naamwoord: meervoudsuitgang
Meervoud: meervoudsuitgange

Betekenis:
• Die agtervoegsel waarmee 'n meervoud gevorm is.

Gebruik:
• By 'n tweeledige woordkoppeling wat 'n ampshoedanigheid aandui en die laaste deel slegs 'n bepaling van die eerste is, kry die eerste deel die meervoudsuitgang: adjudante-generaal, direkteure-generaal, direkteurs-generaal, goewerneurs-generaal, kommandante-generaal, kwartiermeesters-generaal, posmeesters-generaal.

Vertaling:
Engels: plural ending
Nederlands: meervoudsuitgang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wisselvalligheid
Volgende onderwerp: slaags
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:41:26 MGT 2024