Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onhelder
onhelder [boodskap #143026] Wo, 30 Augustus 2023 18:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onhelder
Afbreking: on•hel•der
Samestelling: on- + helder


Byvoeglike naamwoord: onhelder
Vergrotende trap: onhelderder
Oortreffende trap: onhelderste
Attributief: onhelder, onheldere

Betekenis:
• Wat nie deursigtig is nie.
• (figuurlik) Wat vaag, onseker en nie maklik verstaanbaar is nie.

Gebruik:
• Die mis het die uitsig onhelder gemaak. Al laat 'n mens die water loop, dit bly onhelder.
• Die gebeure is onhelder. Voetnote word gebruik om die onhelder gedeeltes te verklaar.

Sinoniem:
• dowwerig
• modderig
• newelagtig
• onduidelik
• troebel
• vaag
• wasig

Vertaling:
Engels: unclear, vague, faint
Nederlands: onhelder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uretra
Volgende onderwerp: ontsmettingsmiddel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:48:20 MGT 2024