Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aansit
aansit [boodskap #143012] Di, 29 Augustus 2023 19:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aansit
Afbreking: aan•sit
Samestelling: aan + sit


Werkwoord: sit aan, aansit
Verlede tyd: het aangesit

Betekenis:
• Om vir 'n maaltyd by 'n tafel te sit.
• Om iets aan iets anders vas te heg.
• Om iets aan te skakel; aan die gang kry.
• Om voor te gee; oordrewe of onvolwasse optree.

Gebruik:
• Ons sit vir 'n feesmaal aan.
• Sy het vir die baba 'n nuwe doek aangesit.
• Kan ek die lig aansit?
• Ag, moenie so aansit nie!

Spreekwoord:
• Iemand ore aansit. [Iemand wen of uitoorlê.]

Sinoniem:
• aanheg
• aanlas
• opsit
• vasheg
• vasmaak
• vassit
• aanskakel
• aktiveer
• begin
• oorhaal

Afgelei:
• aansit-ete
• aansitmotor
• aansitsleutel
• aansitslinger
• aansitter
• aansitterig

Vertaling:
Engels: to sit at table; to put on, apply, attach, fit; to start
Nederlands: aanzitten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: buikpyn
Volgende onderwerp: aanheg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:21:20 MGT 2024