Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina se "oorlog"
Gloudina se "oorlog" [boodskap #14283] So, 03 Mei 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
From:
Subject: Die ontstaan van die Afrikaanse nuusgroep.
Date: 01 May 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
Organization: IGS - Information Gateway Services
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans

> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
> Die stigtingsakte van 'n nuusgroep is een van hulle. Ek was deel
>> van die proses waardeur hierdie nuusgroep tot stand gebring is - met 'n
>> stigtingsakte wat by wyse van demokratiese stemming goedgekeur is.
>>
>> Die eerste maal is die stigting van die nuusgroep afgekeur. Groot getalle
>> mense met die soort houdings wat Gloudina en Sizwe openbaar - "Afrikaners
>> moet stilbly" het uit soc.culture.africa en elders opgeruk en die stigting
>> van die nuusgroep afgestem.
>
>
> Leendert, dis sulke soort geskryf soos
> hierdie wat 'n mens siek vir jou maak. Presies wat maak jou siek, Gloudina?
> As jy nog die oorspronklike lys van
> stemme (voor of teen) het vir die
> Afrikaanse nuusgroep, sal jy my man
> en my stemme daar sien.

Bully for you, love!

> Nou praat jy
> asof jy nou so 'n groot aandeel gehad
> het in die stigting van die nuusgroep.

Waar het ek beweer dat ek 'n "groot aandeel" daarin gehad het? (Ek het wel
groot kubergevegte gevoer met ene Femi Oguacha - 'n Nigeriër woonagtig in
Nederland. Hy het ook die soort boeke gelees wat "sizwe" hier aanhaal. Hy
het egter nie die verstand gehad om te besef dat mens nie kan bekostig om
dit onder jou eie naam aan te haal asof jy dit glo nie.)

> Die persoon, sover ek dit kan onthou,
> wat die grondwerk gedoen het, was 'n
> man met die naam Robert Wagenaar (as
> ek dit reg onthou) van 'n Universiteit
> in Nederland.

Korrek. Leiden. Hy en At de Lange en Inus Scheepers van Stellenbosch het
soc.culture.afrikaans voorgestel. Dit het tot een van die giftigste
vlamoorloë gelei wat ooit gevoer is en dit het gewoed in soc.culture.africa,
soc.culture.south-africa, soc.culture.belgium, soc.culture.netherlands,
za.politics, news.newsgroups en verskeie ander groepe.

> En sover ek kan onthou,
> was daar nie groot getalle mense wat
> daarteen gestem het nie.

Die stemmery vir soc.culture.afrikaans het een van die grootste getalle
stemmers tot in daardie stadium oor die stigting van enige nuusgroep
opgelewer. soc.culture.afrikaans is afgestem. Dit het beteken dat die groep
nie binne ses maande weer voorgestel kon word nie.

Robert en iemand anders (Inus, as ek reg onthou) het toe voortgegaan en
besluit om liewer dadelik soc.culture.south-africa.afrikaans voor te stel,
ten spyte van die potensiële nadele daarvan, eerder as om vir ses maande te
wag. Hierdie keer is die RFD minder prominent versprei en die stemmery het
glad verloop met relatief min teenstemme.

Dit lyk my dit is eers in hierdie stadium waar jy en jou man op die wa gekom
het.

> Ek hoop dat mense soos Sizwe aan sal
> hou om hierdie nuusgroep te gebruik.

Ek ook. Om die waarheid te sê, en soos ek tevore gesê het, ek hoop dat meer
mense soos die een agter die persona van "sizwe" sal deelneem.

> Dis
> in die eerste plek vir sprekers van
> Afrikaans, en nie vir Afrikaners nie.

Nee. Dit is vir enigeen, ongeag of hy/sy 'n spreker van Afrikaans is.

> Ek moet vir Sizwe komplimenteer op sy
> goeie Afrikaans, wat hy blykbaar in
> stand hou ten spyte van die feit dat
> hy nie meer in Suid-Afrika bly nie.
> Moenie dat mense soos Leendert vir jou
> af van die nuusgroep terroriseer nie.

Ek het geen begeerte om "sizwe" of enigeen ander van die nuusgroep te
"terroriseer" nie. Ek eis net dieselfde reg as wat hulle uitoefen - as hulle
dwang op my probeer toepas, moet hulle verwag dat ek sal terugdruk. As hulle
valse beelde van my voorhou, moet hulle verwag dat ek die valsheid sal
ontbloot.

> Onthou, ons veg die Derde Vryheidsoorlog.

Jong, mense wat al in oorloë was sal jou vertel oorlog is 'n baie vuil,
smerige en bloederige besigheid. Daar is min aan wat "edel" is.

Nou kakel jy lustig hier rond oor "oorlog" en "landmyne" en dies meer.

Maar hoe lyk dit my jy skrik as die kuberbloed begin vloei en as jy sien hoe
oorlog regtig lyk. Nou begin jy protesteer. Maar oorlog is altyd
vernietigenden in daardie opsig is dit ook erg morsig. Dit is nooit net die
kwaad wat vernietig word nie (selfs as dit suksesvol is). Daar word altyd
ook veel vernietig wat goed is.

Ek sien hoe baie wat goed is of kon wees vernietig word in hierdie "oorlog"
wat jy met
soveel luide ululasies aanblaas, Gloudina.

Jy moet jou bedink. Dit gaan nog veel erger word.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Jong MEISIES lees hier asseblief.....
Volgende onderwerp: Meisies 15-20 in gauteng....lees hier !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 29 01:32:04 MGT 2024