Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » intree
intree [boodskap #142710] Wo, 26 Julie 2023 20:32
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19554
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
intree
Afbreking: in•tree
Samestelling: in + tree


Werkwoord: tree in, intree
Verlede tyd: het ingetree

Betekenis:
• Om na binne te gaan.
• Om te begin; in aanvang kom.
• Om vir iemand op te kom of in te staan.

Gebruik:
• Toe sy die kamer intree sien sy hoe deurmekaar die plek is.
• Sonder die teengif kan die dood binne enkele ure intree.
• Jesus het vir ons by die Vader ingetree.

Sinoniem:
• binnegaan
• binnekom
• binnestap
• binnetree
• ingaan
• inkom
• inloop
• instap
• toetree

Antoniem:
• uittree

Afgelei:
• intreedatum
• intreegeld
• intreehoek
• intreelesing
• intreepreek
• intreerede
• intreetoespraak
• intreevlak

Vertaling:
Engels: to enter, go in; to set in, begin; to represent
Nederlands: intreden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beheerliggaam
Volgende onderwerp: Kapenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jul 13 09:39:56 MGT 2024