Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uitdaging aan 'n Poseur
Uitdaging aan 'n Poseur [boodskap #14255] Sa, 02 Mei 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kan jy nou meer! Ek sien al 'n week lank rykhalsend uit na hierdie antwoord,
maar dit daag nie op my nuusbediener op nie. Ek moes dit toe in die argief
gaan opspoor.

From: sizwe...@aol.com (SizweBanzi)
Subject: Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek
Date: 27 Apr 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
References:
X-Admin: ne...@aol.com
Organization: AOL http://www.aol.com
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans

> "Leendert van Oostrum" skryf:

> Ai, Sizwe! Hier, soos Ferdie dit op 'n keer so treffend gestel het, hys jy
> jou op 'n marmervoetstuk van wetenskaplike onaantasbaarheid.
>
> Maar wat jy nie weet nie, is dat ek my lank onderhou het deur klippe te kap
> in 'n marmergroef op 'n Griekse eiland. Daar moes ek leer om die foutnate in
> marmer te eksploiteer.

Meer as 'n marmervoetstuk - die primere dryfveer vir die stelling oor die
"klassie in navorsingmetodologue" le gesetel in die behoefte om die ander
persoonlik, neerhalend, en smalend aan te val, veral wanneer sodanige aanval
gerig is op 'n area wat oenskynlik vir die ander belangrik is. Te oordeel
aan
jou respons was dit 'n bullseye. Ek probeer egter diesulke smalende
response
wissel (so ver as moontlik) met beredeneerde debattering - ek het ook 'n
beitel, leendert, waarmee ek marmer kan kap. Wanneer ek dan jou argument
met
my blink, klinkende beitel toets, vind ek dat dit onder my vingers bars, so
skoon soos langs 'n voeg - so moet 'n beitel slaan wat beitel is, of hoe
(apologiee aan Van Wyk Louw).

LVO: Nou kom ons kyk hoe effektief jou beitel was:

> 1) 'n Terloopse, onbelangrike terminologiese sakie - kom ons ruim dit net
> eers uit die weg:
>
> Hier is nie sprake van 'n tesis ('n proposisie wat slegs deur logiese
> argumentering beslis kan word) nie. Wel van 'n hipotese ('n proposisie wat
> aan die hand van feite sowel as logiese argumentering getoets word).

In soverre jou respons die wisseling van idees op 'n meer abstrakte, selfs
akademiese, vlak plaas sal ek meer presiese en nougesette aandag spandeer
aan
terminologie (anders as die vorige, meer informele, pos waar die fyn
onderskeid
tussen tesis en hipotese, skripsie en verhandeling taamlik onbelangrik was
en
die een geredelik as plaasvervanger vir die ander kon dien - ons het immers
altwee geweet wat daarmee bedoel word). Ek aanvaar dus jou terminologiese
onderskeid.

LVO: Dankie.

> Jou aanname, dat 'n (hipo-) tese aanvaar kan word totdat die teendeel bewys
> is, is geldig mits 'n belangrike voorwaarde nagekom word: die (hipo-) tese
> moet _vals_ bewys kan word. Soos die Oostenryks-Britse Sir KArl Popper al
> in 1934 aangetoon het (Logik der Forsschung - in Engels vertaal as The logic
> of scientific discovery), kan die stelling "Daar bestaan groen swane" nie
> vals bewys word nie. (Enigeen kan dus beweer dat daar groen swane bestaan,
> maar omdat dit nie vals bewys kan word nie, het dit geen wetenskaplike gesag
> nie.)

Jou argument (en Popper s'n) is slegs waar indien 'n mens 'n kwessie of
probleem vanuit daardie positivistiese paradigma benader.

LVO: Inteendeel. 'n Positiwis se standpunt sou inderdaad wees: "Ons mag nie
aanvaar dat daar groen swane is nie (of dat PW die gewraakte woorde ge-uiter
het nie) tensy ons 'n lewende voorbeeld van 'n groen swaan voor ons het (of
'n geswore verklaring deur PW self of getuienis van vergelykbare
betroubaarheid)". Maar die positiwis sou verder gaan en sê: "Ons mag ook nie
aanvaar dat daar geen groen swane is nie (ditto vir woorde) tensy ons elke
swaan in die wêreld onder oë gehad het nie (ditto vir alle woorde van PW).
Popper se kritiese rasionalisme verskil van die positiwisme juis daarin dat
Popper wel sou aanvaar dat daar geen groen swane is nie, tensy een
tevoorskyn gebring word.

LVO: Ons het dus hier nie te doen met 'n positiwistiese metode nie, maar 'n
rasionalistiese een.

Daar bestaan egter
ook ander voetstukke vir ons standbeeld. Die erkenning, byvoorbeeld, dat
die
sosiale en geesteswetenskappe ten beste as kwasi-wetenskappe kwalifiseer het
meegebring dat die positivistiese metode nie sonder meer en in alle gevalle
toepaslik is nie.

LVO: Inderdaad.

(Aarde, selfs in kwantum fisika, 'n sogenaamde "harde"
wetenskap, word Popper bevraagteken in die ruimte tussen Heisenberg se
onvoorspelbare protone en Einstein se god wat nie dice gooi met die universe
nie).

LVO: Hmmm... Gedeeltelik waar. Moet maar nie Schroedinger se kat vir hierdie
doel te ernstig opneem nie, hoor!

Post-strukturele en post-moderne navorsingsbeskouings betwyfel selfs die
hele idee van 'n objektiewe en bewysbare wetenskap.

LVO: Idealiste sedert Plato het dit gedoen. Maar jy het dit nie gedoen nie,
het jy?

Sekere survey-navorsing
illustreer duidelik die beperkinge van die nul-hipotese en gebruik gerigte
hipoteses as vetrekpunt (hoe bedryf mens 'n landwye survey oor gevoelens
jeens
die ANC, buvoorbeeld, aan die hand van nul-hipoteses?).

LVO: 'n Wanbegrip (of nog 'n doelbewuste wanvoorstelling) aan jou kant. 'n
"Landwye survey" is per definisie slegs dit - 'n versameling van data
(belangrik in sigself). Maar hoogstens kan die _resultaat_ gebruik word in
'n hipotesetoetsing.

Dit is dus moontlik,
en akademies aanvaarbaar, om navorsing uit te voer wat hipoteses met rigting
as
vertrekpunt gebruik.

LVO: Heeltemal korrek. Maar dit is nie wat jy gedoen het nie, is dit?

Verder is dit ook moontlik, veral in diskoers-analise en
ander kwalitatiewe navorsing, om 'n navorsingsvraag, liewer as 'n hipotese,
te
postuleer en te ondersoek.

LVO: Korrek. Voorbeelde hiervan is in my eie werk te sien.

My stelling oor PW se uitsprake kan in enigeen van
die voorafgaande gegiet word.

LVO: Korrek. Mits ons onthou dat elk van die benaderings steeds die bepaling
van "die waarheid" ten doel het. En aandring op streng kriteria vir die
bepaling daarvan, soos Husserl ons meer as 'n eeu gelede gemaan het, nie
waar nie?

Dit is derhalwe verkeerd (en akademies
onverantwoordelik) om te impliseer (soos jy wel doen) dat jou protokol vir
hipotesestelling die enigste en ware wetenskaplike vertrekpunt iis in die
soeke
vir 'n antwoord.

LVO: Leuns! Doelbewuste leuens, in 'n wanhopige (maar verstaanbare) poging
om uit 'n gruwelike verleentheid te kom! _Jy_, "Sizwe", het jou metode
aangebied as 'n Kwasi-Popperiaanse (hipo) -tesetoetsing toe jy aanvoer dat
jou "tesis" aanvaar moet word totdat die teendeel bewys word. Daarmee het jy
jou "protokol" vierkantig in die kader van hipotesetoetsing geplaas.

LVO: Al wat ek gedoen het, was om jou prosedure te toets aan die kriteria
wat vir gestel word vir die prosedure wat jy self, my geleerde vriend,
voorgegee het om te gebruik.

> Die wyse waarop jou (hipo-) tese geformuleer is, beteken dus dat dit
> nie toetsbaar nie, want dit kan nie vals bewys word nie

gegee my argument IS die stelling toetsbaar in vorme anders as die
nulhipotese.
Is die toets geldig, betroubaar en/of veralgemeenbaar is natuurlik
addisionele
kwessies wat die voorafgaande kwalifiseer, maar in beginsel IS die vorme
almal
toetsbaar.

LVO: Natuurlik is die stelling toetsbaar - maar net in een rigting. Indien
die stelling "Daar bestaan groen swane" of "PW het X gesê" _waar_ is, kan
dit bewys word deur 'n groen swaan tevoorskyn te bring of deur _betroubare_
getuienis te bring dat PW X gesê het.

LVO: Indien daar egter geen groen swane bestaan nie, of PW nooit X gesê het
nie, kan daardie feit nooit bewys word nie. Om die eenvoudige rede dat dit
vir niemand moontlik is om alle swane te inspekteer nie, of 'n volledige
rekord van PW se woorde te toon nie.

LVO: Indien die stelling "Daar bestaan groen swane" of "PW het X gesê"
_onwaar_ is, kan dit nooit bewys word nie.

LVO: Jou "tesis" is dus toetsbaar indien dit waar is, maar ontoetsbaar
indien dit onwaar is. Nog jy, nog enigeen anders, sal dus ooit weet as jy
_verkeerd_ is nie. Weliswaar 'n gerieflike posisie om jouself in te plaas -
maar juis daarom een wat in die wetenskap geen respek afdwing nie.

LVO: Jy het verklaar: "PW het X gesê. Totdat jy die teendeel bewys, is dit
waar". Daardeur stel jy 'n taak wat onmoontlik is, vir iemand wat jou
hipotese onafhanklik sou wou toets. Dit, "Sizwe", is bloot bedrog wanneer
dit aangebied word as 'n wetenskaplike argument, soos jy gedoen het.

Jou stelling hierbo is dus blatant onwaar OF spruit uit onkunde met
betrekking tot nuwer en meer resente benaderings tot navorsing.

LVO: Soos jy sal kan sien uit jou oorspronklike berig, is dit _jou_ stelling
("tesis") wat hier ter sprake is.

LVO: Maar, my geleerde vriend, as jy jou beweringe aangaande PW wil
formuleer volgens 'n protokol uit enige van die "nuwer of meer resente"
benaderings tot navorsing sien ek daarna uit om dit ook te toets teen die
waarheidskriteria wat geld in daardie benaderings. Ek het nog nie een van
hulle teëgekom wat wilde bewerings in obskure bronne ernstig opneem as
getuienis aangaande die inhoud van die beweringe nie. (As aanduidings van
die kwaadwilligheid van die smouse van sulke beweringe kan hulle natuurlik
geldige getuienis wees.)

> Nou soek ons die getuienis wat die teendeel van die nulhipotese bewys:
>
>
>>

In die res van jou pos skiet jy jou argument in die voet. Jy kontamineer
die
wetenskaplike prosedure a la Popper met juridiese en wetlike voorbeelde;
logika
a la die filosofiese tegniek; sosio-sielkundige motiverings van die
navorser.

LVO: Geensins nie. Soos ons hierbo gesien het is jou begrip van
hipotesetoetsing - Popperiaans of nie - maar power.

Hierdie areas is nie noodwending onderling vergelykbaar nie omrede hulle
vanuit
verskillende basiese aannames opereer. En selfs al is daar ooreenstemming
ten
opsigte van basiese aannames, verskil die prosedures waarmee data versamel,
interpreteer en begryp word gewoonlik as reel en nie uitsondering nie.
Wanneer
jy dan byvoorbeeld die hipotese meet aan die hand van die "motiewe van die
getuies" pleks van die betroubaarheid van die getuienis (data), sny jy
Popper
se ballas af en violate jy jou eie prosedure

LVO: Ah! Dataversameling bring jy te berde. Verduidelik, asseblief, "Sizwe",
die metode waarvolgens die data versamel is wat jy hier voorgehou het as
"Die ware PW"?

(in die woorde van my ouma: "A nee
a klonkie - leergoed is nie speelgoed").

LVO: Jy moes jou ouma se woorde ter harte geneem het. 'n Veel wyser mens
as jy, blyk dit.

> Nou ja, Sizwe, ek vertrou dat jy nou 'n paar basiese beginsels van die
> wetenskaplike metode onder die knie het wat jou dosent in
> navorsingsmetodologie klaarblyklik tevergeefs gepoog het om by jou tuis te
> bring.

Blyk dus dat ek tog geluister het - goed genoeg in hierdie geval om te sien
dat
die keiser geen klere aanhet nie.
Sizwe "ek is tog swart" Banzi

LVO: Ek daag jou uit om jou "tesis" aangaande die beweerde uitsprake van PW
Botha onder jou eie naam in 'n algemeen erkende gesaghebbende wetenskaplike
forum aan te bied as getuienis dat PW wel die beweerde uitspraak gemaak het
teenoor die gehoor wat jy daarin identifiseer en op die tyd wat jy aangee -
ongeag die wetenskaplike benadering wat in die gesaghebbende forum van jou
keuse aanvaar word.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: SPAM
Volgende onderwerp: Tsumeb kan spookdorp word
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 04:10:33 MGT 2024