Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inval
inval [boodskap #142189] So, 18 Junie 2023 07:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inval
Afbreking: in•val
Samestelling: in + val


Werkwoord: val in, inval
Verlede tyd: het ingeval
Teenwoordige deelwoord: invallende
Verlede deelwoord: ingevalde

Betekenis:
• Om na binne toe te val.
• Om 'n taak by iemand oor te vat.
• Om êrens te gaan kuier.
• Om militêre binne te dring.

Gebruik:
• Hy val in die gat in.
• Waar kan ek inval om te help?
• Sy het sommer ongenooid hier ingeval.
• Amerika het Irak ingeval.

Spreekwoord:
• 'n Gat vir iemand grawe en self daar inval. [Iemand in moeilikheid lok, maar self daarin beland.]

Sinoniem:
• instort
• instaan

Vertaling:
Engels: to fall into, tumble down; to start, join; to fill in; to invade, strike
Nederlands: invallen


Selfstandige naamwoord: inval
Meervoud: invalle

Betekenis:
• Die handeling om 'n gebou, gebied of land binne te dring.

Gebruik:
• Maak gereed vir die inval! [Nahum 3:14]

Sinoniem:
• aanval
• besitneming
• bestorming
• betreding
• binneval
• oorname
• oorrompeling

Afgelei:
• invaller
• invalsgolf
• invalshoek
• invalslyn
• invalsmag
• invalparty
• invalspunt
• invalstraal
• invalsvlak
• invaltyd

Vertaling:
Engels: invasion, incursion, raid
Nederlands: inval

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Re: inval [boodskap #142510 is 'n antwoord op boodskap #142189] Ma, 10 Julie 2023 11:36 Na vorige boodskap
Charmaine@58  is tans af-lyn  Charmaine@58
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 2022
Karma: 0
Junior Lid
binnedring
binneskiet
meedoen
invasie
Vorige onderwerp: begaan
Volgende onderwerp: tennisspeler
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 00:19:08 MGT 2024