Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verhoor
verhoor [boodskap #142394] Sa, 01 Julie 2023 09:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19810
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verhoor
Afbreking: ver•hoor


Selfstandige naamwoord: verhoor
Meervoud: verhore
Verkleinwoord: verhoortjie
Meervoud van verkleining: verhoortjies

Betekenis:
• Die indringende ondervraging van 'n verdagte om skuld te bepaal.

Gebruik:
• Die man is sonder 'n regverdige verhoor in die tronk gestop.

Sinoniem:
• hofgeding
• hofsaak
• regsgeding
• regsaak
• vervolging

Hiponiem:
• camera-verhoor
• getuieverhoor
• herverhoor
• kammaverhoor
• kruisverhoor
• onverhoor
• paroolverhoor
• skynverhoor
• tugverhoor
• verraadverhoor

Afgelei:
• verhoorafwagtend
• verhoorsaak

Vertaling:
Engels: hearing, trial, interrogation
Nederlands: verhoor


Werkwoord: verhoor
Verlede tyd: het verhoor

Betekenis:
• Om in 'n hof ondervra te word.
• Om te kry waarvoor 'n mens gehoop/gebid het.

Gebruik:
• Moenie partydig wees as julle 'n saak verhoor nie, luister na klein en groot. [Deuteronomium 1:17]
• Haar gebede is verhoor.

Vertaling:
Engels: to try, interrogate; to hear, answer
Nederlands: verhoren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skynsel
Volgende onderwerp: dissiplinêr
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Aug 09 00:30:31 MGT 2024