Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beslag
beslag [boodskap #142384] Vr, 30 Junie 2023 18:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19810
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Beslag.
'n Beslag.
beslag
Afbreking: be•slag


Selfstandige naamwoord: beslag
Meervoud:

Betekenis:
• Die wegneem van eiendom (beslaglegging, inbesitneming, konfiskasie).
• Die verkwisting van tyd of ruimte.
• Die ontstaan van iets (in die vaste uitdrukking, kry beslag).
• 'n Meelmengsel; vloeibare deeg.
• 'n Metaaldeel wat as versiering of versterking dien.

Gebruik:
• Die polisie lê beslag op die wapen.
• Die taak neem baie tyd in beslag. Die kas neem baie plek in beslag.
• Ná onderhandelinge het 'n nuwe grondwet sy beslag gekry.
• Die tannies maak 'n beslag vir pannekoek.
• Die kis is met 'n goue beslag versier.

Hiponiem:
• chroombeslag
• geelkoperbeslag
• goudbeslag
• hoefbeslag
• hoekbeslag
• koekbeslag
• koperbeslag
• pannekoekbeslag
• silwerbeslag
• soolbeslag

Afgelei:
• beslaglegging
• beslagname

Vertaling:
Engels: confiscate, seize, arrest; waste; took hold; batter; metal cover
Nederlands: beslag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Re: beslag [boodskap #142424 is 'n antwoord op boodskap #142384] Di, 04 Julie 2023 07:10 Na vorige boodskap
Charmaine@58  is tans af-lyn  Charmaine@58
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 2022
Karma: 0
Junior Lid
mengsel
koekmengsel
meelmengsel
aanpaksel
bekleding
beskot
Vorige onderwerp: opdoen
Volgende onderwerp: diagnoseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Aug 08 22:51:27 MGT 2024