Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » alt. - nuusgroepe
alt. - nuusgroepe [boodskap #14237] Vr, 01 Mei 1998 00:00
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
Nico heeft geschreven in bericht ...
>> Indien dit ''n plasing in 'n ander taal is OOR Afrikaans, .....

Leendert, jou skrywe was baie insiggewend en verrykend. Kan jy asb. kortliks op die volgende punte uitbrei:

1. strukture waarvolgens hy homself beheer en reguleer. (stigtingsakte)

2. soc.culture.afrikaans + evolusionêr (wat word vereis om so 'n groep wel te stig. nederlands e.a.het dan een?)

3 laer-orde groepe (beteken dit dat sommiges nie toegang het nie. was dit die "motivering" teen 'n s.c.a, of het dit gegaan oor "status-erkenning"?)

4. alt. -nuusgroepe. Enigeen kan te enige tyd 'n alt. - groep oprig. (Het almal uiter aard toegang tot hierdie groepe. Indien wel, sou dit nie aanvullend gebruik kan word om heelwat meer mense toegang te gee nie. So kan mos, onder andere, bewys word dat s.c.s.a.a nie voldoende is nie. Wat is die nadeel hiervan? > "afrikaans" is ook relatief bo-aan 'n alfabetiese lys )

5. Afrikaans leer. (kan die huidige NG nie beter gebruik word vir mense wat die taal wil leer nie. ek sien daar is heelwat navraag. Dit kan dan later weereens as motivering vir 'n s.c.a gebruik word, aangesien dit dan oor die taal gaan.

6. misbruik. (wanneer vind dit plaas?)

Groete
Kobus
Vorige onderwerp: Re: request
Volgende onderwerp: Radio
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 05:58:45 MGT 2024