Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdediging
verdediging [boodskap #142349] Wo, 28 Junie 2023 14:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdediging
Afbreking: ver•de•di•ging
Samestelling: verdedig + -ing


Selfstandige naamwoord: verdediging
Meervoud: verdedigings

Betekenis:
• Die handeling van verdedig (teen gevaar, 'n aanvallende sportspan, ens.)
• Argumente wat iemand se dade regverdig.
• Die mense wat iemand in 'n hof verdedig.

Gebruik:
• Die Bokke se verdediging was teleurstellend.
• Die advokaat het in sy verdediging aangevoer dat sy kliënt nie eers op die toneel was nie.
• Die verdediging het gesê dat die herhaalde uitstel van die saak hulle kliënt baie geld kos.

Sinoniem:
• afweer
• beskerming
• bewaking
• weerstand
• alibi
• pleidooi
• pleitrede
• regverdiging
• verweer

Hiponiem:
• flankverdediging
• grondverdediging
• kusverdediging
• landsverdediging
• lugverdediging
• selfverdediging

Afgelei:
• verdedigingsaangeleenthede
• verdedigingsamewerking
• verdedigingsbelasting
• verdedigingsbeleid
• verdedigingsdoeleindes
• verdedigingsgronde
• verdedigingslinie
• verdedigingslyn
• verdedigingsmaatreël
• verdedigingsmag
• verdedigingsmeganismes
• verdedigingsmiddel
• verdedigingsoorlog
• verdedigingsorganisasie
• verdedigingspoging
• verdedigingsresponse
• verdedigingstelsel
• verdedigingswapen
• verdedigingswerke

Vertaling:
Engels: defence; vindication, plea
Nederlands: verdediging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ondergang
Volgende onderwerp: vierhoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:29:25 MGT 2024