Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vektor
vektor [boodskap #142320] Ma, 26 Junie 2023 18:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vektor
Afbreking: vek•tor


Selfstandige naamwoord: vektor
Meervoud: vektore

Betekenis:
• 'n Fisiese hoeveelheid wat beide grootte en rigting het; gerigte grootheid.
• (biologie) 'n Organisme wat siektekieme oordra.

Gebruik:
• Snelheid is 'n vektor: 'n mens lê nie net 'n afstand in 'n gegewe tyd af nie, maar die beweging neem 'n mens ook in 'n spesifieke rigting.
• Die vektor veroorsaak nie direk die siekte of toestand nie, maar is die draer van die besmetting.

Hiponiem:
• bisvektor
• kragvektor
• rotasievektor
• spanningsvektor
• vloedvektor

Afgelei:
• vektorbasis
• vektornotasie
• vektorproduk
• vektorruimte
• vektorsom
• vektorvoorstelling

Verwant:
• skalaar

Vertaling:
Engels: vector
Nederlands: vector

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontbloot
Volgende onderwerp: skalaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:24:59 MGT 2024