Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verwarring
verwarring [boodskap #142315] Ma, 26 Junie 2023 13:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwarring
Afbreking: ver•war•ring
Samestelling: verwar + ing


Selfstandige naamwoord: verwarring
Meervoud: verwarringe, verwarrings
Verkleinwoord: verwarrinkie
Meervoud van verkleining: verwarrinkies

Betekenis:
• Toestand van onseker en verward wees.

Gebruik:
• Om verwarring te voorkom, moet sportspanne verskillende kleure dra.

Spreekwoord:
• 'n Babelse verwarring. [Groot verwarring, soos met die Bybelse verhaal oor die toring van Babel.]

Sinoniem:
• deurmekaarspul
• disoriëntasie
• misverstand
• onduidelikheid
• pandemonium
• perpleksiteit
• twyfel
• verbystering
• verwardheid
• wanorde

Hiponiem:
• begripsverwarring
• naamsverwarring
• sinsverwarring
• spraakverwarring
• persoonsverwarring
• taalverwarring

Vertaling:
Engels: confusion, disarrangement
Nederlands: verwarring

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: binnetoe
Volgende onderwerp: Bybels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:46:29 MGT 2024