Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inlaat
inlaat [boodskap #142308] Ma, 26 Junie 2023 11:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inlaat
Afbreking: in•laat
Samestelling: in + laat


Werkwoord: laat in, inlaat
Verlede tyd: het ingelaat

Betekenis:
• Om na binne te laat kom; toegang verskaf.
• Om by iets betrokke te raak; jou daarmee bemoei.

Gebruik:
• Sy maak die vensters oop om 'n bietjie vars lug in te laat.
• 'n Japsnoet moet hom nie by grootmense se sake inlaat nie.

Sinoniem:
• binnegaan
• binnelaat
• inneem
• toelaat

Vertaling:
Engels: to let in, admit; to meddle, interfere
Nederlands: inlaten


Selfstandige naamwoord: inlaat
Meervoud: inlate

Betekenis:
• Plek waar iets na binne kom; 'n toevoerplek.

Gebruik:
• Die dam se inlaat is verstop.

Afgelei:
• inlaatdruk
• inlaatgang
• inlaatgat
• inlaathefboom
• inlaatkant
• inlaatklep
• inlaatkraan
• inlaatmeganisme
• inlaatpyp
• inlaatslag
• inlaatslot
• inlaatsluis

Vertaling:
Engels: intake, inlet
Nederlands: inlaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: invoeg
Volgende onderwerp: interkalêr
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:49:10 MGT 2024