Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » paddavis
paddavis [boodskap #142286] Sa, 24 Junie 2023 09:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Paddavissies
Paddavissies
paddavis
Afbreking: pad•da•vis
Samestelling: padda + vis


Selfstandige naamwoord: paddavis
Meervoud: paddavisse
Verkleinwoord: paddavissie
Meervoud van verkleining: paddavissies

Betekenis:
• Die larwe van 'n padda, sien paddavissie.
• Reuseharing van die diepsee, tot 5 meter lank en oortrek met 'n silwer poeier wat afgee; podloodvis; spaanvis.

Gebruik:
• Die paddavissie word uit 'n eier gebore en sal later van gedaante verander, pote ontwikkel en sy stert en kiewe afgooi.
• Die paddavis is baie skaars en word net in die diepsee aangetref.

Afgelei:
• paddavisagtig
• paddavisstadium
• paddavisstert

Vertaling:
Engels: tadpole
Nederlands: kikkervis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Re: paddavis [boodskap #142426 is 'n antwoord op boodskap #142286] Di, 04 Julie 2023 07:24 Na vorige boodskap
Charmaine@58  is tans af-lyn  Charmaine@58
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 2022
Karma: 0
Junior Lid
spaanvis
potloodvis
Vorige onderwerp: paddavissie
Volgende onderwerp: saligmaking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:43:18 MGT 2024