Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitdaging
uitdaging [boodskap #142259] Do, 22 Junie 2023 12:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitdaging
Afbreking: uit•da•ging
Samestelling: uitdaag + -ing


Selfstandige naamwoord: uitdaging
Meervoud: uitdaginge, uitdagings
Verkleinwoord: uitdaginkie
Meervoud van verkleining: uitdaginkies

Betekenis:
• 'n Moeilike taak wat 'n mens se vaardighede en vermoëns tot die uiterste toets.
• 'n Daad gerig om iemand uit te lok; tot 'n stryd te nooi.

Gebruik:
• Om matriek te slaag is 'n groot uitdaging.
• Hy het die uitdaging tot die swaardgeveg aanvaar.

Sinoniem:
• toets
• provokasie
• uittarting
• trotsering

Vertaling:
Engels: challenge; provocation
Nederlands: uitdaging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: appèlaansoek
Volgende onderwerp: indeks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:49:40 MGT 2024