Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vissery
vissery [boodskap #142245] Wo, 21 Junie 2023 19:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vissery
Afbreking: vis•se•ry
Samestelling: vis + -ery


Selfstandige naamwoord: vissery
Meervoud: visserye

Betekenis:
• Die vang, verwerking en bemarking van vis en ander seediere, meestal vir kommersiële gewin, of 'n entiteit wat daarby betrokke is.

Gebruik:
• Die inwoners van vissersdorpies maak op vissery staat om aan die lewe te bly.

Hiponiem:
• oestervissery
• seevissery
• sleepvissery
• spiesvissery
• sportvissery
• treilvissery

Afgelei:
• visserybedryf
• visserymaatskappye

Vertaling:
Engels: fishery
Nederlands: visserij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bosbou
Volgende onderwerp: toestaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:42:57 MGT 2024