Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hernubaar
hernubaar [boodskap #142240] Wo, 21 Junie 2023 15:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hernubaar
Afbreking: her•nu•baar
Samestelling: hernu + -baar


Byvoeglike naamwoord: hernubaar
Attributief: hernubare

Betekenis:
• Wat hernu of volhou kan word (sodat 'n mens dit kan gebruik sonder dat dit sal opraak).

Gebruik:
• Fossielbrandstowwe is nie hernubaar nie.
• Hoewel die son eendag sal uitbrand, word dit op menslike skaal as 'n hernubare energiebron beskou.

Wisselvorm:
• hernieubaar

Sinoniem:
• herbruikbaar
• volhoubaar

Afgelei:
• hernubaarheid

Vertaling:
Engels: renewable
Nederlands: hernieuwbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontaard
Volgende onderwerp: koördineerder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:47:10 MGT 2024